Koskenades 32 – Maleise Lamskerrie, tamatie sambal en naan brood

Hierdie week het ons Maleise Lamskerrie met sambal en naan brood kook klasse afgeskop en dit is ‘n reuse sukses.
Die naam Kaaps Maleis is effe van ‘n misverstand omdat dit eerder verwys na volgelinge van die Islamietiese geloof wie se voorvaders meer as 300 jaar terug as slawe na die Kaap gebring is vanaf die Indonesiese eiland van Java. Hulle was glad nie met Maleisië geassosieer nie, behalwe dat hulle Maleis gepraat het wat ‘n universele taal was in daardie deel van die wereld.

Suid Afrika was die smeltpot waar Oos en Wes ontmoet het. In die 17 de eeu was Maleise kokke baie gewild, en het die Maleiers hulle stempel met hulle eksotiese speserye in hulle kookuns op die Kaap afgedruk.
Ek gaan vandag vir julle vertel hoe om naan brood, sambal en Maleise lams kerrie te maak.

Omdat die  Maleise lams kerrie lank moet prut vir ‘n heerlike geurige kerrie en sagte vleis kan jy dit al ‘n dag voor die tyd voorberei en dan net weer opwarm.

Die gebruik van aromatiese speserye is die hartklop van Maleise kookuns, dit is half moeilik om die subtiele aromas en boeiende ondertone van die verskillende geure te beskryf.
Koop jou speserye by ‘n gekende spesery winkel, moet ook nie te veel op ‘n slag koop nie omdat hulle geur verminder met tyd.

Stoor dit in lugdigte houertjies in ‘n koel droee plek.
• Die speserye wat ons in die Maleise lams kerrie gebruik is : lourier blaar, kardamom, kaneel, naeltjies, komyn, borrie en masala poeier. Jy kan die lourierblaar met suurlemoen blare vervang. Jy gebruik 4 lourier blare, 10 kardamom saadjies, 2 kaneel stokkies, 10 heel naeltjies, 2 teelepels komyn saad, 2 eetlepels borrie en 3 eetlepels masala.
• Braai 1,5 kg lamsvleis blokkies in warm olie, jy moet die vleis net seel en effens bruin braai. Skep die vleis uit die pot en braai dan 4 fyn gekapte uie saam met al jou speserye in die olie en vet wat in die pot agtergebly het, jy kan ekstra olie bygooi as jy dink dit is nodig. Jy braai dan die spesery en uiemengsel totdat die uie deurskynend is, dan skep jy die vleis by die uiemengsel in die pot. Jy gooi dan 2 groterige wortels wat in dun ringe gesny is, 250 g droee vrugte wat jy kleiner gesny het en 2 piesangs wat jy ook in skyfies gesny het by die die vleis mengsel. Maak dan 500ml vleis aftreksel met kook water en meng 125ml goeie rooiwyn asyn by die aftreksel, meng dit dan by die vleis mengsel. Verminder die hitte en laat die Maleise Kerrie prut totdat die vleis sag is. Bedien die Maleise Kerrie met tamatie, uie en komkommer sambal en naan brood.

Naan is ‘n oondgebakte plat suurdeeg broodjie, daar is resepte wat die suurdeeg met  bakpoeier vervang. Die deeg word van 250g koekmeel, 2 teelepels suiker, halwe teelepel bakpoeier, halwe teelepel sout, 2 eetlepels olie en 130 ml melk gemaak. Jy sif die droee bestandele en meng dan die olie en melk by, meng alles saam tot ‘n sagte deeg. Ons voeg so teelepel poppysaad by ons mengsel. Die deeg word dan vir so 10 minute geknie, en dan in ‘n bak wat met olie gesmeer is eenkant op ‘n warm plekkie gebere met plastiek oor. Terwyl jou naan deeg ontwikkel, kan jy die sambal voorberei wat jy saam met die Maleise Kerrie bedien.

Jy sny 1 medium tamatie, 1 klein ui, so 7cm engelse komkommer in klein blokkies, dan meng jy 1 houertjie gewone jogurt met 2ml sout en 2,5ml komyn poeier, meng alles saam in sit in die yskas sodat die geure kan meng.

Nadat jy nou jou sambal en Kerrie voorberei het, bak jy die naan broodjies sodat hulle warm en vars is vir die ete.
Jy verhit jou oond tot die hoogste rooster temperatuur, jy plaas dan jou oondrakkie so na as moontlik aan die boonste rooster element. Jy plaas ‘n bakplaat op die oondrakkie onder die rooster wat dan verhit terwyl jy die deeg uitrol. Jy deel jou deeg in 5 bolletjies, dan neem jy elke bolletjie en rol dit dun uit , so 1 – 2 mm. Naan word tradisioneel in ‘n traan druppel vorm gerol maar dit is nie nodig nie. Strooi dan growwe sout en nog poppysaad oor die uitgerolde deegstukkie. Sit dit op die verhitte bakplaat in die oond en bak vir so 2-3 minute, sodra die naan effe opgepof het en begin bruin word haal jy dit uit die oond. Elke broodjie word dan met gesmelte botter gesmeer.

En daar het jy dan Maleise Kerrie,  heerlike kraakvars sambal en liplekker warm naan as ‘n ete.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s