Koskenades 1 – Kruie en Speserye

10 KRUIE EN SPESERYE WAARSONDER JY NIE KAN KOOK NIE

Ek gaan vanoggend met julle gesels oor kruie en speserye waarsonder jy nie kan klaar kom in jou kombuis nie. Ons het sopas in nog ‘n huis ingetrek en het besluit om al ons kombuisgoed vir ons kinders te gee en nuut te begin maar ek het vinnig agtergekom hoe nodig kruie en  speserye is as jy nie geurlose, smaaklose kos wil eet nie. As jy voor die winkel rakke staan en ‘n besluit moet neem watter geurmiddels om te koop kan ‘n mens nogal oorweldig word met die groot verskeidenheid wat beskikbaar is. Daar is 10 wat ek bo-aan die lys wil plaas wat nodig is om geurige kos te maak :

No.1 Pepper
Seker die mees gewildste geurmiddel in jou koskas, wat geure beklemtoon in disse.
No. 2 Sout
Die mees essensiele geurmiddel in jou kas wat met net ‘n tikkie die natuurlike geur van kos uitbring.
No. 3 Knoffel
Knoffel is van die ui familie afkomstig en word bestempel as ’n krui. Knoffel is dan ook ‘n algemene geurige byvoegsel vir baie disse.
No.4 Basilie kruid of Basil
Basilie het ‘n baie warm, minterige, naeltjie geur met ‘n effense sitrus en anys smaak. Basilie kruid werk baie goed saam met tamatie disse of tamatie souse.
No. 5 Tiemie
Met tiemie word die blare meestal gebruik. Hierdie krui werk lekker saam met vis en hoender en is ook ‘n baie goeie bron van yster in jou dieet.
No. 6 Pietersielie
Hierdie krui het ‘n vars selderyagtige geur met ‘n tikkie peper. Pietersielie kan by enige dis gebruik word as geurmiddel.
No. 7 Roosmaryn
Hierdie krui het ‘n ligte denne en suurlemoen geur en word veral in lamsvleis disse gebruik.
No. 8 Koljander
Koljander word op 2 maniere gebruik. Die vars blare het ‘n vars neutagtige, lemoen geur en werk veral goed saam met hoender, vis en in slaaie. Die sade van koljander werk weer goed in Kerrie disse.
No. 9 Origanum
Origanum is interressant want die gedroogde blare is meer geurig as die vars blare. Origanum word algemeen as die pizza of Italiaanse kos krui gesien en het ‘n warm aromatiese geur.
No. 10 Gemmer
Word algemeen in Kerrie disse gebruik, maar is ook gewild in gebak soos koekies en kan ook in drankies gebruik word.

Met hierdie 10 in jou koskas kan jy lekker geurige kos maak en ander trakteer met ‘n lekker ete.

Hierdie 10 is die basis waarop jy kan bou, maar daar is nog heelwat ander kruie en speserye.

Geurig kook!

Groete

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s