Koskenades 2 – Pasta

PASTA – WENKE OM TE ONTHOU WANNEER JY PASTA VOORBEREI

Vanoggend praat ons oor iets baie veelsydig – koekmeel, eiers en sout – as jy hierdie drie bestandele bymekaar meng en goed knie tot ‘n gladde, soepel, “rekkerige” deeg, dan kan jy pasta daarmee maak.

Daar is ‘n paar wenke wat jy kan onthou wanneer jy pasta voorberei.

Om te verhoed dat die pasta nie aan mekaar klou nie, gebruik baie water, en moenie olie in die water gooi nie. Die olie in water veroorsaak dat jou pasta sous nie in die gaar pasta kan intrek nie.

Dit help ook om die deksel van jou kastrol op te hou totdat die water kookpunt bereik, jy kook dan ook die pasta sonder ‘n deksel tot gaar.

Die water moet regtig wild borrel voor jy die pasta ingooi, en wanneer jy die rou pasta in die water gooi moet jy dit dadelik roer om te sorg dat al die pasta met water bedek is. Roer die pasta dan ook gereeld. Die water moet die hele tyd goed kook (borrel).

Sout in die water sorg dat jou pasta ferm bly en bring ook die smaak van die pasta meer uit. Die water moet amper soos seewater proe. Water kook ook vinniger as jy sout byvoeg terwyl die water warm word.

Elke tipe pasta het maar hul eie kooktyd – so jy moet die voorbereiding instruksies op die verpakking volg waarin daar aangedui sal word hoe lank die pasta moet kook.

Toets deurentyd jou pasta sodat jy dit nie oorkook (te lank kook) en dan eindig met ‘n sagte papperige spul nie. Pasta moet deur sag maar maar nog steeds ferm wees. Dit word “al dente” genoem, ferm maar nie hard nie.

Om te keer dat jou pasta oorkook kan jy ‘n houtlepel oor die pot se opening sit (rus die lepel van die een na die ander kant) dit help gewoonlik dat die pasta water nie oorkook nie.

Tuisgemaakte pasta is natuurlik die heel beste wat smaak aan betref, en dit kook ook vinniger gaar as gekoopte pasta. As jy eers tuisgemaakte pasta geproe het raak dit moeilik om weer winkel pasta te geniet.

Omdat pasta so gou afkoel is dit wys om jou opskepbak te verhit voordat jy die gaar pasta daarin gooi. ‘n Oulike praktiese manier om jou opskep bak te verhit is, plaas die opskepbak in die wasbak, sit die vergietes waarin jy die water van die pasta gaan afspoel in die opskepbak en gooi dan die pasta uit die kastrol in die vergietes. Lig die vergietes uit en dreineer die pasta verder. Haal jou opskepbak uit die wasbak, gooi die warm pasta water uit en gooi dan dadelik jou gedreineerde pasta in die opskepbak.

Intussen kan jy sorg dat jou pasta sous warm is, asook jou borde – wat dan vir jou  ‘n heerlike warm pasta ete gaan verseker.

Die geur van jou pasta sous trek ook heerlik in die gaar pasta in as alles warm is.

Ek hoop dat julle volgende pasta ete ‘n smul maal gaan wees!

Pasta groete, Ivan

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s