Koskenades 3 – Eier

DIE VEELSYDIGE EIER

Eiers kan vir 10 dae teen kamertemperatuur gestoor word en vir 1 maand in die yskas. Die beste manier om eiers te stoor is in die oorspronklike verpakking op ‘n plek in die yskas wat nie naby ander kruideniersware is wat sterk geure en reuke het nie. Die deur van die yskas is nie noodwendig die beste plek niewant dit is eintlik die warmste plek in die yskas.

Eiers moet altyd met die skerp punt na onder gestoor word. Moenie bekommer oor ‘n eier se varsheid as daar ‘n rooi bloedkolletjie in die geel is nie.Dit ontstaan tydens die vorming van die eier en is skadeloos.

Mense neig om die wit stringetjies wat in die eierwit voorkom uit te haal, maar dit is daar om die geel van die eier in die middel te hou. Interessant is dat as die wit stringetjies in ‘n eier voorkom dit ‘n bewys is van ‘n hoë gehalte vars eier.

Wanneer jy eiers wil kook is dit beste om eiers teen kamer temperatuur te gebruik. Dit sal help dat die eier nie kraak van die vinnige groot temperatuur verandering nie. Plaas eiers een vir een versigtig in die kokende water met ‘n lepel.

Die beste maniere om eiers te kook as jy daarvan hou dat die geel nog sag moet wees is :

  1. Plaas die eiers versigtig in kokende water en laat kook vir 3 min. Begin eers die tyd bereken van wanneer die water weer      kook nadat jy die eiers in die water geplaas het.
  2. Plaas die eiers in kokende water op die stoof vir 1 min  – haal van stoof af en laat staan vir 3 min in die warm water.
  3. Plaas die eiers in die pot met kraanwater en  sit deksel op, sodra die water beging koo behoort die eier net reg sag maar gaar te wees.

Wanneer jy eiers kook is dit belangrik om direk nadat die kooktyd verloop het die eiers in vir ‘n ruk in  koue water te sit om die kook proses te stop, want solank as wat eiers in warm water bly hou dit aan om gaarder te word.

Gekookte eiers wat moeilik afdop is varser as die ander wat makilik afdop. Om te help met die afdop problem kan jy eers die eierdop effens kraak nadat dit gekook het en dan weer vir ‘n rukkie in kouewater te sit wat dan help om die dop losser te maak.

Om ‘n gekookte eier mooi in ringe te sny vir garnering of ‘n mooi slaai, doop jou mes in kokende water vir ‘n paar sekondes – dit verseker dat jou mes mooi deur die eier gly en mooi netjiese ringe sny.

Eierwit wat styf geklop moet word vir ‘n resep moet so gou moontlik gebruik word om te verhoed dat daar ‘n waterige afskeiding onder in die bak vorm. As jy so 1 ml suiker by die stywe eierwit klop verheod dit dat daar ‘n waterige afskeiding vorm.

Eierwit moet in ‘n glas of porselein bak wat silverskoon is geklits word met ‘n klitser wat ook kurkdroog is, enige vetterigheid of klammigheid kan verhoed dat eierwit goed styf klop.

Weereens is eierwit wat teen kamertemperatuur geklits word beter want dit lewer ‘n groter beter volume eierwit.

Eiergeel wat oorbly as meringue maak kan gestoor word vir later gebruik. In die yskas kan jy dit vir 3 dae stoor as jy ‘n lagie water of olie oorgooi om te verhoed dat dit uitdroog. Of klits dit effens met ‘n knippie sout en vries dit dan in vriekas.

Eierwit kan in ‘n lugdigte houer in die yskas gestoor word vir ongeveer 10 dae of net so ook gevries word. Beide die eierwit en eier geel moet deeglik ontdooi word voordat jy dit weer gebruik.

Wanneer jy eierwit styf klits om meringue te maak kan jy kremetart byvoeg terwyl jy klits, die kremetart stabiliseer die skuim en keer dat dit platval. Jy voeg ‘n kwart teelepel kremetart by 4 medium eiers se eierwitte. Sou jy sout by die eierwitte gooi vir meringue voeg dit teen die einde by want sout het ‘n mate van ‘n destabiliserings effek op die skuim.

Twee interressante wenke vir eierwit :

  1. As jy dringend room nodig het vir ‘n resep of  vir vars gebakte appeltert vir jou gaste, dan kan jy dun snye piesang sag      maak en eierwit styfklop en die twee bymekaar klop om ‘n lekker vervanging vir room te kry.
  2. Jy kan ook stygeklopte eierwit by styfgeklopte room voeg byvoeg om dit meer te maak.

Ek hoop ek kon jou iets nuuts van eiers vertel.

Eiergeel en wit groete, Ivan

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s