Koskenades 4 Groente

   Groente

Vandag gee ek vir julle paar interresante rate met die kook van groente en ook wenke wat die beste maniere is  hoe om sekere groente te stoor.

As jy jong groente soos aartappels en wortels wil kook met skil aan, was die groente in die nylon sakkie waarin groente soms verpak word. So verseker jy dat die goeie vitamines wat juis in en net onder die skil sit nie verlore gaan nie.

Om te verseker dat geskilde groente nie verkleur voordat jy dit gebruik nie, hou dit in sout water tot jy dit kook, maar nie te lank nie want die wateroplosbare vitamine gaan so verlore.

Moet nooit koeksoda in die water voeg waarin jy groente gaan kook nie, dit vernietig ook sommige vitamine, jy kan wel ‘n paar druppels olyf olie in die water gooi, dit help dat die groente ‘n mooi kleur behou.

Om ‘n knippie suiker by die kookwater van groente by te voeg lig jy die geur uit van die groente , maar net ‘n knippie sodat die groente nie soet word bie.

Wanneer jy heel uie, broccoli (spruitkool) of brussel sprouts kook sny ‘n kruis vorm in die harde stam gedeelte dit sal help om die hele groente gelyk gaar te kry.

As jy groente in alreeds kokende water voeg help dit om die vitamine van die groente te behou.

Wanneer jy gevriesde groente kook – spoel die groente eers af met kookwater tot al die ys weg is, die groente kom dan meer geurig uit.

‘n Paar stoor wenke :

  • Sit papierhandoek op die bodem van jou groente laai in die yskas. Die papier absorbeer die klammigheid wat groente kan laat oud word.
  • Tamaties proe beter as dit nie in die yskas gestoor word nie – beproef dit gerus.
  • Sampioene moet verkieslik nie in plastiek gestoor word nie, maar wel in ‘n papiersak in die yskas. Die plastiek verpakking kan die sampioene laat sweet wat dan hulle leeftyd verkort.
  • Gesnyde pampoen moet ook nie in kleefplastiek toegedraai word nie, die kondensasie van die yskas veroorsaak dat die pampoen “slymerig” word. Los eerder net so oop en sny die droee gedeelte af wanneer jy weer pampoen gaar maak.
  • Die lug in die yskas droog groente uit, seldery, spinasie en blaarslaai moet verkieslik in ‘n plastiek houer in die yskas gestoor word vir die beste varsheid.
  • Knol groente soos wortels en aartappels bly langer vars as die grond nie afgewas word nie, en aartappels moet in ‘n donker plek gestoor word. Sonlig op aartappels bevoder wortel vorming.
  • Piesangs moet nie saam met ander groente of vrugte gestoor word nie, want piesangs skei ‘n etileen gas af wanneer hulle ryp word wat die rypword proses bevorder vir ‘n piesang maar dit veroorsaak dat die ander vrugte en groente oor ryp word. Let wel, as jy ‘n avokado gouer wil ryp maak, stoor ‘n piesang saam met die avokado in ‘n papiersak. Oorryp piesangs kan selfs gebruik word om blomme soos lelies gouer te laat oopgaan.
  • Avokados wat groen is en in ‘n yskas gestoor word gaan glad nie verder ryp word nie. die avokados ontwikkel net bruin kolle in die yskas en word sleg.
  • Maak seker dat die groente wat jy stoor nie beskadigde of slegte gedeeltes aan het nie, want ‘n slegte plekkie aan een groente in jou stoorplek vir groente steek vinnig die res aan en maak alles sleg.

Dit is dan al van my kant af, geniet julle groente!

Ivan

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s