Koskenades 5 Vis

 Vandag praat ons oor vis. Vis word al meer deur mense erken as ‘n goeie bron van proteien en van goeie olies, maar ten spyte hiervan koop die oormeerderheid mense wat van vis hou dit by ‘n restaurant of as ‘n wegneemete.

Hulle is onseker en huiwerig om vars vir te koop en self voor te berei, omdat die meeste mense nie weet waarna om te kyk wanneer hulle vars vis koop nie.

Eerstens kyk jy na die vis se oë. Daar word ook gesê dat die oë van ‘n vis sy venster is na varsheid. As die oë van ‘n vars vis helder is en effens gebult staan, is die vis nog lekker vars. Sodra die oë dowwerig lyk moet jy maar gerus na ‘n ander een soek.

Nog iets om na te kyk in jou keuse na ‘n vars vis is die vel van die vis moet metaalagtig van kleur moet wees en blink en die kuwe moet nog pienk rooi en klam wees. As ‘n vars vis visserig ruik, begin die vis al oud word. ‘n vars vis sal na die water ruik waarin dit geswem het, en gewoonlik ook ‘n effense komkommer reukie hê.

As jy vis filette koop, druk liggies met jou vinger daarop, as jy jou vinger afhaal en die merk bly daar dan is die fillet al oud. Vis filette kan nog effens klam wees maar die vloeistof wat uit die fillet kom moet nooit melkerig wees maar helder. Melkerige vloeistof is ook ‘n teken dat die vis fillet nie meer so vars is nie. Die laaste ding on na op te let is dat die rou vleis van die vis nie uitmekaar val nie, maar nog redelik ferm is.

Wanneer jy vars vis koop moet jy dit so gou moontlik in die yskas stoor. As jy beplan om die vis binne die volgende dag of twee gaar te maak, moet die vis op ‘n spesifieke manier gestoor word. Neem twee plastiekbakke waarvan die een net binne die ander een pas, die boonste bak moet klein gaatjies in hê, en dan moet daar so +- 1cm speling wees tussen jou binne en buite bak. Strooi in lagie rys onder in die boonste bak en laat die vars vis regop daarin staan so asof die vis nog swem. Maak die bak dan vol fyn gekapte ys totdat die vis amper heeltemal bedek is met die fyn gekapte ys. Onthou die natuurlike habitat van die vis is gewoonlik in baie koue water, sommiges selfs ‘n graad of twee bo vriespunt.

Dit is dan ook hoekom die vet in vis so gesond is want die vet word nie dik of hard as dit koud word nie, maar bly vloeibaar, en dan het ons nog die voordele van die gesonde omega 3 vetsure daarin wat goed is vir ons. Vars vis kan so in die yskas gestoor word vir +-4 dae, onthou net om die heeltyd die ys te vervang en die water uit te gooi wat onder in die bak opgevang word.

Wanneer jy vis wil vries vir later gebruik is dit baie belangrik om te sorg dat die vis heeltemal lugdig is om te voorkom dat die vis sleg word. Die beste manier om vars vis te vries is om dit te laat vakuum seël by die plek waar jy dit aankoop of om dit self te doen as jy die nodige het.

Vis moet stadig by in die yskas ontdooi en nooit in die mikrogolfoond of by kamer temperatuur nie.

Vis is seker van die mees sensitiewe kos soorte wat jy kan aankoop wat gou kan sleg word.

Wanneer jy vis gaar maak is dit baie belangrik om te sorg dat jy dit nie oor gaarmaak nie, want dan word die vis taai en gaan baie van die natuurlike smaak verlore.

Vis is gaar wanneer die vis witterig word, m.a.w nie meer so deursigtig, glaserig nie en die vleis moet nog makilk met ‘n vurk uitmekaar getrek kan word.

Vis kan gekrummel word en in ‘n pan met olie gaar gemaak word, dit neem so +- 4-5 minute aan elke kant, of jy kan die vis stadig laat smoor in ‘n lekker witwyn en kruiemengsel, die vis kan dan stadig in die wynmengsel prut en nie vinnig kook nie, want dan kan die hele vis uitmekaar val. Die vis behoort so binne +- 20 minute gaar te wees.

Jy kan vis ook in ‘n oond bak met vars kruie en speserye, bedruip die vis met olie en vryf dan die kruie en speserye in. Bak vir so +- 30 min in die oond en bedruip die vis elke nou en dan met die vloeistof wat onder in die pan vorm om die vis klam en geurig te hou.

Onthou vis is gaar as jy dit met ‘n vurk uitmekaar kan trek.

Moenie bang wees om jouself met ‘n heerlike vars vissie by die huis te bederf nie.

Groete, Ivan

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s