Koskenades 7 Hoender

 Vandag gesels ons oor hoender.

Hoender is ‘n gewilde keuse van chefs as gevolg van die voordele van hoender. Dit is as gevolg van al die ekonomiese, uiteenlopende geregte wat van hoender gemaak kan word asook die feit dat hoender geredelik beskikbaar is.

Hoender is die perfekte bestandeel vir maklike, elke dag etes en dan is hoender ook ‘n wenresep vir wanneer jy onthaal. Daar is ‘n magdom resepte uit verskillende lande beskikbaar : Hoender Biryani van Indië, Hoender Parmesaan van Italië, Hoender Enchilada van Meksiko, Sesame Hoender van China, “Southern Fried” Hoender van Amerika en Hoender met Kluitjies van Nederland. En dit is maar ‘n tippie van die ysberg van al die verskillende hoendergeregte.

Hoender spog ook met ‘n positiewe voedingswaarde profiel, dit is hoog in proteine, laag in vet en cholestrol en bevat geen koolhidrate. Natuurlik speel die gaarmaak metode ‘n groot rol in die vetinhoud van die hoender disse.

Hoe kies jy hoender wanneer jy dit koop? Die rou hoender moet nooit wit en lig-grys in kleur wees nie, maar roomkleurig tot diep geel. Die hoender moet ook nie bedompig ruik wanneer jy die verpakking oopmaak nie. As daar wel ‘n reukie is laat die hoender oop staan vir ‘n paar minute. Daar kan soms oksidasie plaasvind wat die reukie kan veroorsaak. As die reuk na ‘n paar minute steeds daar is, neem die hoender terug na die winkel waar jy dit gekoop het. Let ook dat die hoender koud moet wees wanneer jy dit koop en die heel laaste item moet wees wat jy in jou trollie plaas voordat jy betaal. As jy die hoender koop en dit nie dadelik gaan gebruik nie dan kan jy dit vir twee dae in die yskas stoor. As jy weet dat jy dit nie binne twee dae gaan gebruik nie, vries die hoender. Jy kan meestal die hoender vries in die verpakking waarin dit aangekoop is. Hoender kan veilig vir twee maande gevries word, as jy beplan om dit langer te vries verpak dit in ‘n  dubbel plastiek verpakking. Lugdigte verpakking is die sleutel om hoender suksesvol te vries.

My raad is om nie gevriesde hoender te koop nie, maar eerder vars hoender en dit dan self te vries.

Hoender moet ook nie op die kombuis toonbank of wasbak gelos word om te ontvries nie en moet ook nie in die mikrogolfoond ontvries word nie. Die korrekte manier om hoender te ontvries is om vooruit te beplan sodat die hoender in die yskas kan ontvries.

‘n Heel hoender kan 2 dae neem om te ontvries, terwyl ontbeende hoenderborsies oornag kan ontvries.

Net soos ander vleis en vis het rou hoender of hoender wat nie heeltemal gaar is nie bakterieë wat ‘n mens kan siek maak. Om die vermeerdering en groei van bakterieë te verhoed moet hoender nie meer as ‘n uur teen kamertemperatuur gelaat word nie. En om hoender te vries maak nie die bakterieë dood nie, net deur dit goed gaar te maak.

‘n Ander probleem wanneer met rou hoender gewerk word is kruis besmetting. Dit gebeur wanneer rou hoender of die sappe van rou hoender in kontak kom met gaar kos of met kos wat rou ge-eet word. ‘n Voorbeeld hiervan is wanneer jy rou hoender op ‘n sny bord sny en dan op dieselfde bord weer vars tamaties vir slaai sny.

Was messe, sny borde en werkoppervlaktes deeglik af nadat jy met hoender gewerk het. Onthou ook om jou hande gereeld te was aas jy hoender en ander kos saam voorberei.

Smaaklike hoender groete,

Ivan

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s