Koskenade 8 Rys

 Rys – Ek was vertsom om uit te vind dat daar meer as 40 000 verskillende soorte rys wêreldwyd bestaan.

Rys word al van 2500vC as belangrike voedselbron verbou. Rys is oorspronklik afkomstig van China in Asië en ook Oos Afrika. Rys word bestempel as die belangrikste stapel voedsel wêreldwyd omdat dit deur meer as ‘n derde van die  wêreld  se bevolking gebruik word as stapelvoedsel. In Asië voorsien rys 80% van die daaglikse kalorie inname vir meer as 3,3 biljoen mense. Daar is meer as 500 miljoen hektaar verboude rys plantasies wêreldwyd en verskaf werk aan meer as 2 biljoen mense.

Die woord rys beteken kos in Chinees. Rys word in 113 lande wêreldwyd en op amper al die kontinente in die wêreld verbou behalwe in Antartika. 80% van die rys word in Asië geproduseer met Thailand as die grootste rys produsent sedert 1964 maar Amerika is tans die grootste uitvoerder van rys wêreldwyd.

Rys se voedingswaarde is egter nie genoeg om alleen in al ons behoeftes te voorsien nie en word daarom gewoonlik saam met ‘n bietjie protëine voorgesit wat dit dan ‘n meer gebalanseerde maaltyd maak.

Hier in Suid Afrika het ons egter net ses verskillende soorte rys omdat mieliepap as ons stapelvoedsel bekend is. Rys word hier in Suid Afrika as ‘n bykos by baie van ons spyskaarte bedien. Die mees algemeenste rys soort in Suid Afrika is die lang korrel wit rys en ons ken dit almal as die rys wat fanTasties los kook. Langkorrel wit rys het ‘n ligte geur en is semi-ferm in tekstuur. Langkorrel wit rys word hoofsaaklik saam met vis, hoender of souserige vleisdisse bedien omdat dit die sous van vleisdisse so goed absorbeer.

Kortkorrel wit rys word oor die algemeen in Asië gebruik veral in China. Kortkorrel wit rys is baie dig en effens taai of klewerig en word vir disse soos sushi, paella, rys poedings en ook rys vorms gebruik.

Basmati rys – basmati beteken konining van geure – is ‘n langkorrel rys met ‘n delikate geurigheid en kook mooi lang los korrels rys. Basmati rys sit net uit in die lengte wanneer dit gekook word en moet vooraf in water geweek word vir die beste resultate.

Langkorrel bruin rys met sy neutagtige geur is eintlik net langkorrel wit rys in sy natuurlike vorm voordat die semel en kern verwyder is. Met die verwydering van die semel en die kern verloor mens ook baie van die voedingswaarde van die rys. Langkorrel bruinrys is lekker saam met bredies of as ‘n vulsel vir groente, vis en hoender.

Kortkorrel bruin rys is baie dieselfde as die langkorrel bruinrys net effens meer klouerig – hierdie rys is heerlik in slaaie. Bruin rys het ‘n korter raklewe as wit rys en dit is dus beter om bruin rys in jou yskas te stoor.

Arborio rys of rissoto rys soos wat dit in Suid Afrika verkoop word is kort ronde pêrel kleurige ryskorrels met ‘n hoë stysel inhoud. Arborio rys word gebruik vir risotto en ook vir koue slaaie.

Jasmyn rys is ‘n langkorrel witrys met ‘n defnitiewe jasmyn geur. Hierdie rys is baie soos basmati rys behalwe dat dit ronder is en meer klouerig, jasmyn rys word veral in Taiwanese disse gebruik en veral in die voorgeregte as gevolg van die spesiale geurigheid daarvan.

Wilde rys word amper nie meer as ‘n rys soort bestempel nie maar meer as ‘n grassoort maar groei op dieselfde manier as rys en is baie moeilik om te stroop. Wilde rys is duurder as die ander soorte omdat dit meestal te kry is in wilde waterstrome en word met die hand gestroop. Wilde rys het ‘n neuterige smaak en vang die oog wanneer dit saam met ander rys gemeng word. ‘n Besondere kombinasie is wilde rys saam met bruin rys.

Die beste manier om rys gaar te maak is om die rys en water tot kookpunt te kry en dan stadig te kook totdat al die water geabsorbeer is. Die manier verseker dat jy al die wateroplosbare vitamines  herabsorbeer in jou rys vir die mees geurigste rys. Die algemene verhouding van rys tot water is 1 koppie rys tot 2 koppies water, maar dit is net ‘n aanduiding vir die gaarmaak van die gewone rys wat ons in Suid Afrika ken.

Dit is dan al oor die interessante voedsel soort wat ons so algemeen op ons winkelrakke vind.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s