Koskenade 9 Meer oor stysel

Stysel kossoorte is ons meer gekonsentreerde bron van koolhidrate en kalorieë, wat vir ons die meeste energie verskaf. Dit is daarom baie belangrik om stysel in jou daaglikse dieet by te voeg. Stysel kossoorte het selfs meer koolhidrate en kalorieë as vrugte, suiwel produkte en ander groente.

Stysel is ‘n goeie bron van energie maar dié hoof bron van voedingstowwe, vitamines, minerale en vesel.

Ons is onder die algemeen onder die wanindruk dat baie stysel ‘n mens laat gewig optel, maar eintlik gaan dit eerder oor hoe stysel kossoorte gaargemaak word wat veroorsaak dat ons gewig optel.

En die groter probleem met stysel is al die vetterige souse en botter wat ons saam met stysel eet wat die kalorie inhoud soveel meer maak, en dit is hier waar die probleem lê.

Stysel groente het die eienskap om baie vullend te wees en help om vinnig te sorg vir jou daaglikse kalorie inname. Jou algemene soorte stysel kossoorte is aartappels, rys, mielies, ertjies, lensies en dan graansoorte waarmee ons brood en pasta maak.

Ander groente soorte wat stysel bevat is wit wortels,patats, pampoen en beet – dan interessant genoeg is daar ook stysel in tamaties en piesang maar baie min. Stysel groente is voedsaam en het baie gesondheidsvoordele en word daarom al eeue lank gebruik as stapelvoedsel veral vir energie verskaffing vir mense wat arbeid intensiewe beroepe volg.

Aartappels is seker die mees algemene stysel groente soort, en bevat ongeveer 18% stysel. Alhoewel aartappels ‘n groente is tel dit egter nie as een van die vyf porsies groente en vrugte in ‘n daaglikse gebalanseerde dieet nie. Aartappels tel eerder meer as ‘n stysel kossoort omdat ons die gewoonte het om meer aartappels te eet in die plek van ander stysel soos rys, pasta of brood. Aartappels is wel ‘n gesonde keuse van stysel wanneer dit met min sout gekook word en met olyfolie bedien word instede van botter of suur room.

Die hoë inhoud van kalorieë in stysel groente veroorsaak dat ons versigtig moet wees met porsie groottes. Meeste groente is baie goed vir ‘n mens in sy natuurlike rou vorm maar die belangrike ding wat ons moet besef is dat die stysel in groente na suiker omgesit word wanneer ons dit kook of gaarmaak wat dan weer veroorsaak dat jou liggaam dit vinniger in jou bloedstroom opneem en jou bloedsuiker vlakke die hoogtes kan instuur, met ander woorde groente wat stysel bevat kan na die kookproses ‘n baie hoër glisemiese indeks hê, wat dan nadelig is vir diabete.

Rys en graansoorte is ‘n uitstekende keuse vir stysel in jou dieet. Dit verskaf aan jou die energie wat jy nodig het, is laag in vet en is goeie waarde vir geld. Couscous val ook in die groep en is ‘n baie goeie keuse.

Brood veral volgraan brood is ‘n gesonde keuse vir stysel, want volgraan brood verskaf saam met die energie ook die nodige vesel wat ons liggame nodig het.

Laastens net ‘n paar wenke oor stysel :

  • Hawermoutpap is seker die heel gesondste ontbytpap wat jy kan eet en veral lekker in die winter.
  • Bruinrys is soveel gesonder en kan heerlik koud in ‘n slaai bedien word.
  • Wanneer jy rys of pasta eet, vermeerder die stysel porsie en verminder die sous porsie.
  • Wanneer jy kapokaartappels, wors en sous eet, vermeerder die kapokaartappels, verminder die sous en wors porsies en voeg nog ‘n stysellose groente by. ‘n Porsie slaai sal ook uitstekend werk.

So sorg jy vir die beste energie inname, die minste vet inname en terselfdertyd kweek jy gesonder eetgewoontes.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s