Koskenade 13 Preie

Ons het die vorige kere oor knoffel en uie gesels, en vandag is dit die beurt van preie of leeks soos dit in Engels bekend is. Preie is dan ook deel van dieselfde familie van lelies net soos die uie, knoffel, salotte en spriet uie.

Preie het ‘n baie subtiele soet uie geur. Wanneer ‘n mens aan preie dink of dit op die winkel rak sien, is die eerste gedagte dat preie net ‘n sop groente is. Dit word ook gewoonlik verpak saam met sopgroente pakkies wat te kooop is. Preie is ‘n belangrike deel van Creme Vichyssoise – ‘n aartappel en prei sop wat warm of koud bedien kan word.

Preie is egter meer as net sopgroente. Preie is ook nie net ‘n byvoegsel tot ander bestandele in disse nie maar kan baie maklik op sy eie lekker voor gesit word as ‘n bykos vir ander geregte.

Wanneer jy preie koop let op dat die groen bo-punte ‘n mooi diep groen is en die wit lof gedeelte lank genoeg en ferm is, want dit is juis die wit gedeelte waarvan ons die meeste gebruik. Preie kan dik of dunner wees – die dikker preie vat gewoonlik bietjie langer om gaar te word as jy dit heel gebruik.

Preie kan veilig in jou yskas se groente laai gestoor word vir omtrent 2 weke. Maak die preie net liggies toe met kleefplastiek. Preie se groen blare en wortels moet liefs eers afgesny word net voor jy met die voorbereidings vir jou dis begin. Preie moet mooi skoon gemaak word want grond gaan sit maklik tussen die gevormde lae.

Die beste manier om preie skoon te maak is:

  1. Trek die buite laag af.
  2. Sny dan die wortels by die basis gedeelte af en die donkergroen harder blaar gedeelte ook.
  3. Sny dan die prei regdeur in die middel maar net so 3cm vanaf die basis gedeelte m.a.w in die lengte in die helfte maar alles bly nog aanmekaar by die basis.
  4. Was dan alles goed onder lopende water terwyl jy die lae uitmekaar trek om te verseker al die grond is af.
  5. Spoel dan alles weer af terwyl die groent punte na onder wys om te verseker alles spoel mooi af en sit nie weer tussen die lae vas nie.
  6. As jou resep opgesnyde preie verlang dan kan jy die opgesnyde preie in ‘n vergiettes afspoel.

Geroosterde, gesmoorde of gebraaide preie verskaf vir jou die meeste van die groente se lekker sagte soet uie geur. Preie kan voor gesit word net soos aspersies met ‘n heerlike kaas en jogurt sous.

Preie kan ook :

  • net in ‘n pan gebraai word met botter en olyfolie
  • met botter en kaas in oond gebak word
  • gerooster word met growwe sout en olyfolie
  • gesmoor word met fennel en mosterdsaad
  • rou bedien word in slaai met ‘n viniagrette sousie daar oor

Preie is baie veelsydig en maklik om voor te berei en werk ook goed in bredies, omelette, risotto’s, sout terte, pasta souse en natuurlik in sop.

Ek het onlangs op ‘n baie lekker resep afgekom waar gebraaide preie en croutons gebak word soos ‘n quiche met room, melk en eiers. En is ‘n interessante bykos vir enige vleis gereg.

As jy weer preie sien moenie net dink aan sop nie. Eksperimenteer bietjie met preie en ontdek die sagte soet uie geur van die interessante groente.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s