Koskenades 17 – Groen boontjies

Ek het onlangs die mooiste, groenste boontjies nog ooit gekoop en besluit om daaroor te praat.

Groenboontjies is afkomstig van dieselfde familie as die meeste ander bone wat ons vandag op die winkelrakke kry in droë of geblikte vorm. Groen boontjies word letterlik net ge-oes wanneer dit nog groen of in ander terme nog nie ryp is nie.

Daar bestaan omtrent 130 varieteite wêreldwyd, maar die een wat ons die beste ken, vir sy lekker soeterige geur en tekstuur, is die groenboontjie wat baie van ons al self probeer groei het in ons tuine.

Boontjie peule kan ook verskil in kleur, want daar is tot pers, lig bruin, rooi en streperige peule te vinde. In grootte is daar ook verskillende boontjies, daar is die baie dun franse tipe boontjie, genoem die harricot en die groot breë boontjie wat die romano genoem word.

Boontjies is oorspronklik afkomstig van Peru in Suid Amerika waarvandaan dit deur die hele Amerika versprei is, deur veral die Indiane wat oral rond geswerf het. Later is dit deur die Spaanse wêreldverkenners baie verder versprei tot in Europa nadat hulle Peru beset het in die 1600’s. Amerika is vandag nog een van die grootste produsente van groen boontjies. Bykans 60% van die wêreld se jaarlikse gebruik van boontjies word deur hulle geproduseer en verwerk, aangesien boontjies ook geblik en gevries kan word.

Boontjies glo dit of nie, bevat amper net soveel kerotien soos wortels en tamaties en is baie goed vir ons. Die enigste rede hoekom ons dit nie kan sien soos in die geval van wortels nie is as gevolg van die hoë chorofil inhoud  in boontjies wat veroorsaak dat dit so mooi groen is. Groenboontjies bevat ‘n hoë konsentrasie antioksidante en het ook goeie voedingswaarde, minerale en vitamines.

Omdat die antioksidant inhoud so hoog is het boontjies goeie kardiovaskulere voordele. Die omega 3 vet inhoud in die boontjies het goeie voordele wat jou hart beskerm. Groenboontjies het ook anit-inflamatoriese voordele en kan help om tipe 2 diabetes te voorkom.

Wanneer jy boontjies koop, maak seker dat dit ‘n gladde tekstuur het en ‘n helder groen kleur het. Boontjies moet verkieslik nie bruin kolle of kneusplekke aan hê nie. As ‘n boontjie ferm is en maklik breek as jy die boontjie buig is die boontjie gewoonlik op sy varste.

Boontjies moet verkieslik heel en ongewas in ‘n plastieksak onder in die groentelaai van jou yskas gebêre word. Op die manier behoort jou boontjies tot 7 dae vars te bly.

Boontjies kan gevries word vir later gebruik. Dit moet verkieslik net heel geblansjeer word voordat jy dit vries. Boontjies se voedingswaarde bly baie dieselfde as jy dit nie langer as 3 maande in jou vrieskas los nie.

Die beste manier om boontjies gaar te maak is om dit te stoom vir omtrent 5 minute. Op die manier behou jy die meeste van die voedingstowwe, vitamines en minerale en ook die kleur van die boontjies. Ek het voorheen genoem dat jy nie koeksoda by boontjies moet voeg om die kleur te behou nie, koeksoda vernietig meeste van jou voedingstowwe.

Daar is heelwat maniere om boontjies voor te sit :

  • in bredies
  • oond gerooster saam met ‘n verskeidenheid ander groente
  • gemeng saam met mielies, wortels en ertjies
  • gebraai saam met sampioene
  • gebraai in botter
  • gebraai in botter saam met knoffel, makadamianeute en dan strooi jy gerasperde parmesaan kaas oor
  • in die Franse Salad Nicoise wat bestaan uit gestoomde boontjies, tuna, tamatie, olywe, ansjovis en party mense voeg aartappel ook by.

Vir my is die lekkerste manier boontjies wat gekook word saam met aartappels, uie en tamatie met ‘n knippie swart peper.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s