Koskenades 23 – Kampkos

Watter kos kan jy maak wanneer jy gaan kamp?

Dit is snaaks dat ‘n mens soms heeltemal verbeeldingloos raak en toeslaan vir enige idee wanneer dit kom by kosmaak op ‘n kampvuur of in ‘n karavaan.

Wanneer jy gaan kamp wil jy in elk geval weg kom van jou alledaagse roetine en net ontspan en tyd saam met jou gunsteling boek, die natuur, familie en vriende spandeer. Dit is juis daar by die kampvuur wat jy nie jouself wil afsloof om kos voor te berei nie of om ure te staan en kosmaak nie.

Die belangrikste met kamp kos is om baie deeglike beplanning te doen. Werk vir jouself ‘n goeie en maklike spyskaart uit en doen dan soveel as moontlik by die huis voordat jy vertrek om te gaan rus.

As jy byvoorbeeld ‘n potbrood, pannekoek of plaatkoekies beplan dan kan jy al die droë bestandele vooraf meng en in ‘n Ziplock sakkie plaas sodat jy net die nat bestandele hoef by te voeg en te meng by die kamp. Natuurlik kan jy ook klaar gemengde brood deeg by ‘n winkel koop as daar een naby is waarmee jy ‘n verskeidenheid brode kan bak deur om ander bestandele by te voeg soos ‘n blikkie mielies, sonneblomsaad, gerasperde kaas en gekapte sprietuie. Wat dan vir jou ‘n heerlike broodjie saam met ontbyt, middagete of saam met braaivleis lewer.

Groente kan op ‘n baie lekker manier gemaak word deur om ‘n dubbel laag foelie te neem en met ‘n pakkie sopmengsel en room ‘n sousie te maak wat jy oor rou groente gooi op die foelie en dit dan mooi toe vou en dit dan op die rooster of langs kole plaas om stadig gaar te stoom.

Jy kan hierdie foelie metode met enige groente gebruik en selfs net sout, peper en botter by die groente sit. Hierdie groente pakkie werk lekker net so in die warm kole.

Nog iets wat baie lekker is, neem ‘n heel mielie en draai twee repies spek om die mielie, besprinkel met paprika en draai toe met foelie, die spek het genoeg vet in om die mielie smul lekker in die kole te bak.

Elke ou hou maar van sy vleis by ‘n kampbraai en daar is heelwat interressante vleis disse byvoorbeeld ‘n heel bees fillet gestop met oesters en feta en toegedraai in repies spek en dan word die spek met tou vasgebind sodat dit nie afval tydens die braai nie. As jy hierdie voorbereidings by die huis doen en dan die bees fillet in ‘n Ziploc sakkie plaas en ‘n bietjie rooiwyn in die sakkie gooi en seël en dan vries kan jy verseker wees van ‘n baie spesiale dis by die braaivleis vuur.

Ons buurmense, oom Nic en tannie Heleen is ervare kampers en oom Nic het ‘n brood oondjie ontwikkel wat net ‘n bietjie groter as ‘n broodpan is wat jy so oor die kole kan bak met ‘n paar kole bo-op en langs die kante.

Daar is al baie interressante “gadgets” ontwikkel om jou kosmaak te vermaklik by ‘n kamp, jy moet net uitkyk daarvoor en jou mede kampers dop hou. So kan hierdie oondjie ook dan gebruik word om iets soos ‘n heel hoender in ‘n broodpan te bak.

Die belangrikste van kampkos is om dit maklik en interressant te hou, geblikte kos is ‘n baie goeie opsie en met geblikte worsies en bone kan jy ‘n heerlike worsbroodjie maak. Biltong en droë wors in ‘n slaai vir ‘n ligte middagete werk ook uitstekend. En selfs net geblikte vrugte en lang lewe vla vir poeding. As jy goeie yskas geriewe het kan ‘n blikkie yskoue Ideal melk geklits word tot dubbel in volume en dan voeg jy ‘n blik guavas by en ‘n lepel of twee suiker en 5ml vanielje, klop alles saam – wat dan vir jou die lekkerste guava skuim poeding maak en dit neem skaars 5 minute om te maak.

Om te kamp moet pret wees probeer gerus iets nuuts en laat almal ‘n kans kry om ‘n unieke dis voor te brei.

“Happy Camping”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s