Koskenades 24 – Pizza

Vandag praat ek oor pizza, iets wat gewoonlik net ‘n oproep ver is, maar wat ons net so lekker self kan voorberei.

Pizza is ‘n oondgebakte plat ronde brood wat met ‘n tamatiesous basis, kaas en verskillende bestandele soos olywe, pepperoni worsies ensovoorts belê of bedek word en dan word kaas oorgestrooi en dit word in die oond gebak.

Die oorspronklike pizza, wat net met olyfolie, tamatieskyfies origanum of basiliekruid of basil soos ons dit ken bedek word, dateer uit die middel van die 18de eeu – ‘n tydperk toe tamaties in Suid-Italië gewild geraak het. Pizza is oorspronkilk na verwys as ‘n ete vir arm mense. In Junie 1889 is die Margeritha pizza in eer van Konigin Margherita van Savoy gemaak. Die pizza was  met tamaties, mozzarella kaas en basiliekruid bedek en is juis so gemaak om die rooi, wit en groen van die vlag van Italie te verteenwoordig. Die chef Raffaele Esposito was dan ook die eerste chef wat kaas by pizza gesit het.

Die deeg vir die pizza se bodem of basis word van meel, water, gis, sout en ‘n bietjie olyfolie berei, enkele minute lank geknie en na sowat ‘n uur dun uitgerol of met die hande uitmekaargetrek. Dit is baie maklik om pizza deeg voor te berei.

’n Elektriese menger sal jou lewe vergemaklik, maar aan die ander kant: Die beste pizza-deeg word met die hand geknie, so probeer dit!

Dié resep is genoeg vir 6 medium-groot pizzas (sowat 20 cm in deursnee). Vir meer, maak die deeg eerder 2 keer aan as om die resep te verdubbel, want om ’n kilogram deeg te knie is harde werk. Selfs jou elektriese menger sal swaarkry
met meer as 500 g meel op ’n slag.

Jy benodig

  • 500 g witbroodmeel
  • 2 x 10 g kits-suurdeeg
  • 5 ml suiker
  • 2 ml sout
  • 300 ml louwarm water

Meng die meel, suurdeeg, suiker en sout saam in ’n mengbak. Voeg louwarm water by en maak aan tot ’n deeg. As jy ’n elektriese menger gebruik, laat die masjien die deeg vir minstens 10 minute knie. Of knie die deeg met jou hande soos ek voorgestel het (ook minstens 10 minute). Smeer ’n groot mengbak met ’n bietjie sonneblomolie (dit keer dat die deeg vassit) en plaas die deeg daarin. Smeer weer die deeg met ’n klein bietjie sonneblomolie bo-op en maak toe met kleefplastiek. Laat die deeg tot dubbel die grootte rys.

Knie die deeg weer af nadat dit gerys uit, rol dit bietjie rond om al die lug uit te kry. Deel die deeg in kleiner bolletjies waarmee jy die pizzas gaan maak. Rol die individuele balletjies deeg uit in ronde, of effens ronde pizzas. Jy kan selfs ‘n hoekige pizza ook maak, wat dan ook groter is en meer monde op ‘n slag kan voer. Jy moet die pizzas so halwe sentimeter of dunner uitrol. Stapel die pizzas op tinfoelie wat jy met olyfolie gesmeer het en liggies met meel gestrooi het totadt jy dit gaan gebruik.Die tin foelie moet tussen die verskillende pizzas ook wees. Bedek die hele spul met plastiek en bere in die yskas totdat jy dit wil gebruik as jy dit nie dadelik gaan gebruik nie.

Die deeg word volgens die individuele resep bedek.. Hiervoor is tamatieskyfies of salsa pizzaiola nodig as basis.

Salsa Pizzaiola : Die naam beteken letterlik” in die styl van die pizzamaker se vrou” Die tamatiebasis is die mees geskikte onderlaag of basis vir ‘n pizza.

2 eetlepels olyf olie, 1 groot fyn gekapte ui, 2 tot 4 fyn gekapte knoffelhuisies , 4 koppies gekapte, blik tamaties, kwart koppie tamatie pasta, 1 eetlepel gedroogde oreganum, 1 eetlepel vars of gedroogde basiliekruid, 1 lourierblaar, 1 teelepel suiker en sout en peper na smaak.

Braai dan eers die uie tot deurskynend voeg die knoffel by, braai vir so ‘n minuut of 2 voeg ander bestandele by en laat alles stadig saam kook totdat die sous effens verdik het, gebruik dit dan as jou tamatie basis vir pizzas.

Pizza word teen ‘n hoë temperatuur van 200°C in ‘n huishoudelike oond gebak. Die gewone bakoond oorskry nie temperature van sowat 300°C soos pizza oonde nie. Die baktyd moet gevolglik verleng word.Bak pizza tot deeg ligbruin is en kaas gesmelt is.

Jy kan nou die pizza smeer met die tamatiebasis sous wat jy gemaak het, bedek dan die pizza met bestandele van jou keuse soos :spek, skyfies pepperoni wors,ansjovis, artisjok harte – jy koop dit in blikkies by jou supermark, olywe – heel of gesny, sampioene, groen, geel of rooi soetrissie repe, ham, gebraaide maalvleis – jy kan op sit net wat jy wil. Daar is wel tradisionele pizza’s soos die Margherita en die Napoletana – maar wees kreatief met jou pizzas.

Strooi gerasperde mozzarella kaas of mozzarella en feta kaas mengsel oor die pizza, strooi gedroogde origanum oor en sout en peper na smaak, ten slotte word bietjie olyfolie oorgesprinkel bak in jou oond en geniet.

Net so bietjie interessante inligting, die Italiaanse regering het wetgewing wat die “tradisionele Italiaanse pizza” beskerm wat die bestandele spesifiseer, en slegs pizzas wat aan die spesifikasies voldoen kwalifiseer as tradisionele Italiaanse pizzas.

Tradisionele Italiaanse pizzas is Pizza Margherita wat vir Koningin Margherita gemaak is en die Italiaanse landsvlag verteenwoordig, Pizza Marinara: vir die knoffel en seekos liefhebber, Pizza al Prosciutto wat ham op het, Pizza Prosciutto e Funghi wat ham en sampioene het, La Napoletana wat ansjovis en capers op het, Pizza Quattro Stagioni: die vier seisoen pizza wat atjistok harte, olywe, sampioene en ham op het Pizza Capricciosa is ‘n baie ryk pizza met ‘n verskeidenheid vleise, Pizza ai Quattro Formaggi: met verskillende kase.

Die Amerikaners het die diep-pan pizzas begin.

Geniet julle tuisgemaakte en nie selfgekoopte pizzas!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s