Koskenades 25 Wors

Vandag praat ons oor boerewors

Daar is seker nie n enkele Suid Afrikaner wat nog nooit n boerewors of boerewors rol ge eet het nie.

Deesdae is dit te sien en beskikbaar voor amper elke supermark en sentrum in ons land veral  op ‘n Saterdag of oor die naweek. Dan is ‘n braaivleis ook nie vir my lekker as daar nie boerewors by is nie!

Boerewors is afkomstig vanaf Nederland waar hulle dit “verse worst”  noem en dit beteken  letterlik

vars wors, wat daarop sinspeel dat die wors so gou as moontlik gaargemaak moet word en geeet word omdat daar destyds geen preserveermiddels bygevoeg was nie. Deesdae word sout en asyn bygevoeg om te help om die wors te preserver en ekstra smaak by te voeg.

Boerewors word gemaak van grof gemaalde beesvleis en dan word dit ook soms gemeng met vark vleis en skaapvleis of somtyds sommer beide vark en skaap. Die speserye wat by wors gevoeg word is gewoonlik geroosterde koljander saad, swart peper, neutmuskaat, naeltjies en ander speserye.

Die vet inhoud van wors is ook heel hoog om te verseker dat die vleis geurig , sappig en nie droog is nie. Die vet inhoud van wors word gewoonlik op so 20 tot 25% bereken.

In Suid Afrika word boerewors met streng regulasies beheer en daar is wetgewing wat in 1990 gepubliseer is  dat boerewors 90% totale vleisinhoud moet hê, en die res moet opgemaak word deur kruie speserye en ‘n graansoort of stysel. As  wors enige ander vleis as beesvleis bevat soos bv wildsvleis moet die spesifieke wildsvleis 75% van die inhoud van die wors wees en die naam van die wors moet dan daarna vernoem word soos bv Koedoe wors as jy koedoe gebruik.

 

Onthou as die etiket nie se boerewors nie het jy nie die versekering dat daardie wors 90% beesvleis bevat nie. Maw 75% bees en 15% vark en lams vleis. As jy boerewors koop wat nog vars is (verse worst) sal die wors mooi donker rooi wees agv die hoe beesvleis inhoud.

Waneer jy wors braai kan jy dit maar op ‘n warm vuur  doen want wors brand nie sommer  nie.Los die wors om lekker bruin te braai aan die een kant en draai dan eenkeer om en laat dit dan weer tot lekker bruin braai aan die ander kant. As jy die wors kan breek met jou braai tang deur om die wors te buig aan die een punt is jou wors net reg en nog heerlik sappig. Te veel omdraai van die wors tydens braai kan dit droog en vaal laat uitkom.

Wors was oorspronklik ontwikkel as n tipe preserverings metode vir vleis. Hierdie wors was dan gewoonlik gepreserveer deur om die wors te droog, in te lê of te rook.

 

‘n  Baie lekker slaai wat ek en Hanlie by ons eerste restaurant gemaak het is ‘n gewone gemengde slaai waarby jy avokado en mango stukkies sny en dan skuins gesnyde gerookte boerewors wat nog warm is. Hiedie slaai was baie gewild want die gerookte boerewors is retig besonders lekker saam met die avokado. Jy sal jou slagter spesiaal moet vra om wors te rook vir jou, want ons het dit nog nie weer by ‘n slaghuis gesien nie.

Wors is ook een van daai geregte in jou kombuis wat oggend , middag en aand geeet kan word.

Iets wat ek so rukkie terug begin maak het wat deesdae’ n gereelde versoek  van ons kinders  is, is die volgende:

Vat n dieperige oondbak met’ n deksel ,plaas  daarin die hoeveelheid wors wat genoeg is vir jou gesin. Bo op en rondom die wors sny jy dan skywe aartappel , botterskorsie,boontjies, brokkoli , blomkool, heel klein uietjies en heel kersie tamaties. Besprinkel met olyf olie en Ina Paarman se aartappel geursel. Dan gooi jy so 2 koppies hoender aftreksel oor en bak toegemaak teen 180 C vir so 2 ure. As al die groente lekker deurgaar is sny jy die wors op in wieletjies meng alles deurmekaar en geniet. Dit is regtig baie maklik en baie lekker.

Wors piesang en tamaties so saam gebraai is ook baie lekker vir n ontbyt.

Wors is so veelsydig eksperimenteer gerus bietjie die week.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s