Koskenades 27 – Brood

Vandag praat ons oor brood.  Brood is ‘n stapelvoedsel wat gemaak word van ‘n deeg wat bestaan uit meel, water en gis.

Brood is een van die oudste voedselsoorte wat deur die mens voor berei word. Daar is bewyse van styseloorblyfsels wat op rotse gevind is van ‘n maal proses en dit al 30 000 jaar gelede. Omtrent 10 000 vC toe landbou en veral graansoorte in landbou ernstig as landbou gewas aangeplant was het brood as stapelvoedsel sy verskyning gemaak. Gis spore is orals te vinde en so ook op die oppervlak van graansoorte maw enige deeg van ‘n graan soort wat gemeng en gelos word sal natuurlik begin gis. Daar was baie bronne vir gis in die ou dae die Iberiers het die skuim van bier gebruik om ‘n ligter soort brood te maak. Ander mense wat meer van wyn gehou het as bier het weer ‘n pasta van druiwe en meel gemaak en dit as gis gebruik. Die mees algemene manier om te sorg dat jy ‘n gis proses kan aan help was om van die vorige dag se deeg te bere om dan as suurdeeg of gisting versneller te gebruik vir jou volgende deeg.

‘n Groot deurbraak het eers in 1961 gekom toe die Britte die Chorleywood broodproses wat vandag bekend staan as die CBP proses ontwikkel het. Hierdie proses was een van die eerste prosesse wat gehelp het dat die maak van brood so versnel was dat ons vandag ‘n brood kan maak, sny en verpak in omtrent 3 ure. Hierdie proses word in omtrent  28 lande wereldwyd gebruik en dit veroorsaak dat brood teen ‘n laer prys geproduseer en verkoop kan word.

Brood is sinoniem met ons bestaan, die Here het in die Onse Vader gesê ons moet bid “gee ons vandag ons daaglikse brood” en hier word die term brood gebruik as kos en ook ons daaglikse benodighede vir lewe. Die woord “bread” en “dough” word in baie lande gebruik as ‘n eufinisme vir geld. Dit gaan nog verder, brood word gebruik as ‘n metafoor vir basiese benodighede vir lewe in die sin dat veral mans die broodwinner is of die persoon wat brood op die tafel sit. Die term “bread basket” word ook in die landbou gebruik as term vir ‘n goeie landbou streek.

Duitsland bak die grootste verskeidenheid brood in die wereld. Daar is meer as 16000 lokale bakkerye in Duitsland en in 2005 was daar ‘n brood skou gehou waar daar meer as 1000 verskillende brood soorte en brood rolletjies op die skou was. Duitsland is ook die grootste verbruiker van brood per kapita in die wereld.

Wit brood word gemaak van meel wat gemaal is van slegs die endosperm of sentrale kern van ‘n koring korrel. Bruinbrood meel word ook van die endosperm gemaak met 10% semels bygevoeg. Heel graan meel word natuurlik van die hele koring korrel gemaak met bygevoegde heel korrels vir ekstra vesel. Rog meel word van rog graan gemaak en is hoër in vesel en ook donkerder as koring broodmeel en het ‘n baie sterker geur.

Baie mense is versigtig om brood te bak maar dit is eintlik so eenvoudig. Soos byvoorbeeld ‘n tamatie brood wat ons sommer vinnig as bykos vir ‘n braaivleis bak, dit bestaan uit 500ml karringmelk, 500g bruismeel en 1 pakkie tamatiesop poeier, jy meng alles saam en bak die broodjie teen 200grade tot gaar.

Ek en Hanlie het in ons restaurant elke Sondag vars brood saam met die buffet ete bedien. Die gaste het behoorlik tou gestaan en wag vir die verskillende vars, warm brode. ‘n Interresante variasie wat baie gwild was is wit brood waarin ons versuikerde, gesnipperde droeë vrugte blokkies in die brood deeg gemeng het. Dit proe omtrent soos ‘n sny brood wat klaar konfyt op het.

Aartappelbrood het ook ‘n heerlike aartappel geur en bly vir lank heerlik vars en sag. As jy lekker kouevleis met ‘n sousie van mayonaisse en mostert daarop smeer dan proe dit amper soos kapok aartappels en vleis in wegneeem ete vorm. Aartappels is een van die min knolgroente wat jy suksesvol kan gebruik om brood mee te bak agv die stysel inhoud.

‘n Broodjie en baguette vorm wat roosmaryn en olyolie bevat maak ‘n heerlike toebroodjie as jy vars tamatie, basil blare en mozzarella kaas op sit.

Jy kan amper enige iets wat vir jou lekker is by brood deeg meng en vir jou ‘n interressante broodjie bak.

Kyk gerus vandag op ons blog vir heerlike resepte.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s