Koskenades 29 – Hamburgers

Vandag praat ons oor hamburgers.

Die woord hamburger het sy onstaan in Hamburg Duitsland waar hulle gemaalde vleis gemeng met uie, broodkrummels en baie sout gemaak het vir die reisigers. Op die manier het die vleis langer gepreserveer gebly.

Heelwat Duitsers het na Amerika geemigreer en in New York se hawe het stalletjies ontstaan om die Duitse immigrante tuis te laat voel. By die stalletjies het hulle Hamburg steaks bedien en dit was gemaalde vleis met uie en broodkrummels wat gebraai was en dan tussen twee snye brood bedien is. Die presiese ontstaaan van die hamburger is nie baie duidelik nie en baie lande wil die eer hê daarvoor maar daar is een storie wat uitstaan en geloofwaardig klink.

In 1885 het Charlie Nagreen van Seymore in Wisconsin, Amerika op die ouderdom van 15 frikkadelle verkoop van sy os aangedrewe koskarretjie by die jaarlikse Auotgami dorp kermis. Sy verkope was eers nie baie goed nie en hy het vinnig agter gekom dat mense sukkel om die frikkadelle so in die loop te eet. Hy was toe vinnig met ‘n plan deur om die frikadelle plat te druk en tussen twee snye brood met ‘n agurkie daarop te verkoop. Hy was so suksesvol met hierdie hamburger dat hy jaarliks terug gegaan het na die kermis toe en selfs later bekend geword het as Hamburger Charlie. Hy was daarna elke jaar terug om hamburgers te verkoop tot sy dood in 1951.

In Mei 2007 word daar in Wisconsin geproklameer dat Wisconsin die oorspronklike plek is waar hamburgers ontstaan het. Daar is so baie verskillende hamburgers in Amerika wat streeksgewys name verkry het wat wereldwyd so bekend staan.

Die Texas burger het mosterd in die sous, die Wisconsin burger wat dan nou die oorsprong plek is van die hamburger konsentreer nou weer om ‘n lekker hoeveelheid botter op die broodjie te hê.

Die Carolina burger het alles op en word na verwys as die “Carolina with everything”. Die Hawai burger het natuurlik pynappel op maar het ook tradisioneel Teriyaki sous by.

Die California burger – seker die burger wat ons die meeste gebruik – is ‘n beesvleis pattie met vars tamatie, blaarslaai en uie. Die Salt Lake City burger het pastrami op as die vleis gedeelte, in Minnesotta word ‘n Juicy Lucy burger bedien en diè  een kan net lekker wees want kaas word binne in die vleis pattie gesit.

Die Meksiko burger word gemaak met snye ham en kaas wat saam met die pattie opgesit word.

Dit is die restaurant Wimpy wat sy oorsprong in Engeland het in 1954, wat vir die eerste keer hamburger op ‘n bord bedien het met aartappelskyfies by en die opsie om die hamburger met ‘n mes en vurk te eet.

Die Takami burger het in Japan onstaan en word bedien met ‘n rys broodjie en avokado. In Indie is daar hoofsaaklik hoender burgers as gevolg van hulle besware teen bees en varkvleis. Hulle maak ook ‘n baie interressante vegatariese burger met ‘n diepgebraaide aartappel pattie wat in ‘n deeg gedoop word voor dit diepgebraai word. Hierdie burger word dan met ‘n heerlike mint blatjang en gebraaide groen rissies bedien.

In Pakistan word gemaalde lamsvleis gebruik vir die pattie en dit word bedien met roereier, blatjang en uie. In Maleisie word burgers bedien met ‘n gewone beesvleis pattie, ‘n gebraaide hoender pattie en ‘n eier daarby. In Turkeye het hulle selfs verder gegaan en ‘n afval burger gemaak wat ‘n “wet burger” genoem word.

In ‘n Amerikaanse restaurant, die Waffle House se spyskaart noem hulle dat daar is 70 778 880 maniere om ‘n hamburger voor te sit.

Toe ons in Ladybrand in die Vrystaat gebly het en ons kinders nog op skool was, was Vrydag aande ons hamburger aande. Ons het op daardie stadium 3 kinders gehad maar Vrydag aande het die getalle draties vermeerder met skool vriende en vriende van vriende , want dit is heerlik en gesellig om so saam jou eie hamburger te bou, en soos julle gehoor het is daar meer as 70 miljoen moontlike kombinasies.

Ek wonder watter een is vir julle die lekkerste!

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s