Koskenades 30 – Sade en neute

Vandag praat ons oor verskillende sade wat ons kan eet soos pampoen pitte, poppy saad, sesame saad, sonneblom saad en dennepitte.
Pampoensaad is vol minerale en vitamine, en bevat ook baie kaloriee. 50 g Pampoensaad verskaf ‘n derde van ‘n volwassene se sink behoeftes per dag. Pampoen saad ondersteun die funksie van jou liggaam se imuunstelsel en bevorder ook die prostaat se gesondheid en kan ook help om cholesterol vlakke laag te hou. Pampoensaad is ‘n goeie bron van Omega 3 en 6 vette asook sink.
Rooster sommer jou eie pampoensaad wanneer jy weer pampoen vir ‘n ete voor sit. Verwyder die pitte, daar kan maar ‘n bietjie pulp en vesels aan wees, meng die pitte met 15 g gesmelte botter en twee eetlepels olyfolie, verhit die oond tot 150 grade celcius, sprei die pitte uit op ‘n gesmeerde bakplaat en rooster tot goudbruin vir +- 45 minute, roer af en toe. Laat die pitte afkoel en stoor in lugdigte houer. Gebruik dan hierdie pitte in jou slaaie.
Poppie saad is ‘n olie saad wat afkomstig is van die Opium poppie blom, die klein niervormige saadjies word in ‘n verskeidenheid disse gebruik. Dit word gebruik as ‘n spesery of dekoratief as ‘n bedeking op brood of ander gebak. Veral in gebak soos muffins, beskuit en koeke. By Uncle Toby’s in New Zealand is daar ‘n ete wat gemaak word wat bestaan uit drie poppy saad beskuitjies en ‘n porsies geurige sagte kaas. ‘n Vars suurlemoen en poppie saad muffin is natuurlik ‘n wenner. Poppy saad kan in soet en sout geregte gebruik word, en word selfs in slaai souse gebruik. In Oos en Sentraal Europa word poppysaad dikwels in ‘n verskeidenheid geregte gebruik.
Hier is ‘n lekker resep vir tuna balletjies met poppysaad, jy meng een blikkie tuna met een klein fyn opgekapte ui, een gekookte eier wat jy fyn gedruk het, twee telepels gekapte pietersielie, en meng dan bietjie mayonnaise by die mengsel sodat jy balletjies met jou hand kan rol so groot soos ‘n groot albaster. Sit die balletjies op ‘n bakplaat vir 20 minute in die yskas, haal uit en rol die balletjies in poppysaad. Bedien as ‘n heerlike sout happie.
Sesame saad word geoes van die Sesame blomplant, pasop  want sesame saad kan ook ‘n allergiese reaksie veroorsaak by mense wat ‘n neut allergie het. Sesame saad het die hoogste olie inhoud van alle sade en daar word sesame olie van sesam saad gepers wat dan ook in die voorbereiding van kos gebruik word. Dit gee die kos ‘n heerlike kenmerkende sesame geur. Dit word ook in gebak gebruik soos brood en brood rolletjies. Maak jou eie heerlike sesame stafies, vat ‘n halwe koppie water, halwe koppie suiker, kwart koppie heuning, een koppie rou sesame saad, kwart koppie gekapte amandels en ‘n knippie sout. Meng alles saam en smelt in ‘n pan oor lae hitte, roer tot die mengsel begin borrel en bruin verkleur. Giet uit in ‘n gesmeerde bakplaat en laat afkoel. Sny in stafies en stoor in lugdigte houer.
Denne pitte is eetbare sade van ‘n spesifieke denneboom, en word gebruik in vleis, vis en groente disse en is ook heerlik in slaaie. Die baie gewilde Italiaanse pesto sous word van dennepitte, knoffel, basilliekruid, olyfolie en parmesaankaas gemaak. Pesto sous is heerlik saam met gaar pasta of sommer net so op ‘n vars pannini broodjie met tamatie en kaas. Een van die pasteie in ons glutenvrye pastei reeks het pesto, mozzarella kaas en salami in. In die Midde Ooste word dennepitte ook in soet geregte soos baklava gebruik.
Sonneblomsaad is die vrug van ‘n sonneblom, die sonneblom sade wat ‘n soliede swart kleur het word gebruik vir sonneblom olie en die sade wat gestreep is word gebruik in die voorbereiding van geregte. Sonneblom saad word ontdop en gerooster en veral in beskuit en brood gebruik.
Net soos met neute kan sade wyd in jou kookkuns gebruik om vir jou addisionele ineteressante smaak te verskaf.
Krakige ete!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s