Koskenades 31 – Muffins

Muffins se ontstaaan kan sover terug getrek word tot die 10de eeu, maar dis in die 18de eeu wat muffins eers gewild begin word het.
Die woord muffin word vir die eerste keer in ‘n kookboek gebruik in Engeland in 1703. Dit was eers moofin gespel en is waarskynlik afkomstig van twee woorde, een is Duits – muffen – wat klein koek beteken en die ander woord kom uit die Franse taal – moufflet – wat sag beteken.
Hulle het die woord moufflet gebruik om sagte brood te beskryf, met ander woorde muffin beteken – klein sagte koek of broodjie.
In die vroeg 1900’s was daar al dosyne muffin fabrieke in Europa genoem “The Muffin Man” en muffins het sommer gou-gou ‘n teetafel treffer geword.
Muffins word gewoonlik in twee gesny, gebotter en met ‘n soet of ‘n sout vulsel bedek en geniet.
In Amerika maak hulle ‘n muffin wat meer soos ‘n dikker plaatkoekie lyk en bevat verskillende byvoegings soos heelgraan, kaneel en rosyntjies, appel en kaneel ensv.
Snaaks genoeg word hierdie plat muffin wat in Amerika so gewild is ‘n Engelse muffin genoem. In Amerika word die plaatkoekie muffin tradisioneel met ontbyt geeet saam met spek, eiers, worsies en ook kaas. Dit is ook in Amerika waar die baie gewilde Eggs Benedict ontstaan het met ‘n basis van ‘n Engelse muffin, geposjeerde eier, ham of spek en hollandaise sous.
Daar is baie tipe muffins en daar is ook baie verskillende vorms van muffins. Sommige soos ‘n klein koek en ander weer meer soos ‘n groter kolwyntjie.

En aan veskillende geure is daar ook nie beperkings nie. Soet muffins soos sjokolade, toffee, suurlemoen en poppy saad, bloubessie, lemoen en nog baie ander is van die gewildstes. Daar is ook sout muffins soos mielie muffins, kaas, pizza, tamatie en ook gewone muffins sonder suiker waarop enige tipe pikante mengsel gesmeer kan word.

Die mielie muffins het ‘n baie lekker soet mielie geur en kan met net botter geeet word en is veral lekker saam met ‘n bredie.

Die papier koppie wat ons gewoonlik onder aan ‘n muffin kry is ontwikkel om muffins vinniger te bak, want dit is makliker om die papier koppie uit die kolwyntjie pan uit te haal en dan is die pan sommer ook weer skoon vir die volgende baksel muffins.

Die nadeel van die muffin papierkoppies is dat die muffin nie ‘n lekker kors gedeelte aan die buitekant vorm nie, dit is gewoonlik die harder bros gedeelte van die muffin wat vir die interressante smaak sensasie sorg van ‘n kraak vars koekie met ‘n sagte smaak.

Iets interressant wat ek ook gesien het is dat die appel muffin as New York se nasionale staat muffin bekend staan. As gevolg van die verbintenis wat Engeland met baie ander lande het is muffins gewild in Australie, Kanada, Nieu Zeeland, die VSA en Suid Afrika.

‘n Basiese resep vir muffins met verskillende vulsels sal op ons blog beskikbaar wees. Wees gerus kreatief en maak iets interressant met ‘n muffin, soos byvoorbeeld ‘n Chakalaka muffin vir ontbyt of ‘n pizza muffin vir middagete.
Julle kan my op ons blog kontak met vrae en gerus oorweeg om een van ons baie gesellige kook klasse by te woon, die mense geniet dit so dat hulle amper nie wil huis toe gaan nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s