Koskenades 33 – Kaaskoek

 Vandag praat ons oor Kaaskoek. Ons het ook moreaand dan ook ons eerste Kaaskoek klas.

Kaaskoek word van sagte vars  roomkaas gemaak. Daar is baie variasies van kaaskoek, soet en sout waarvan die basis van fyn gedrukte koekies gemaak word en die vulsel ‘n mengsel het van room en roomkaas.
Die koekiebasis is gewoonlik bros soet koekies soos Tennis beskuitjies en die sout kaaskoek se basis kan van sout koekies soos Tuc of Cream Crackers gemaak word. Ander soorte basisse vir kaaskoeke is ‘n soet deegkors of ‘n sponskoek kors.

Die vroegste opskrywing van kaaskoek  is in die Antieke Griekse tydperk deur ‘n Griekse dokter Aeginus gemaak in sy boek oor die kuns van kaaskoek maak. Die kaaskoeke wat voor 1872 gemaak is verskil heeltemal in smaak en samestelling van die kaaskoeke wat ons vandag maak. Die basis van die kaaskoeke is apart voorberei van die kaasmengsel.

In 1872 is die eerste modern kaaskoek per ongeluk deur William Lawrence van New York gemaak in sy poging om sagte Franse kaas te maak. In 1912  het James Kraft ‘n vorm van gepasturiseerde roomkaas gemaak. James Kraft het in 1928 die Philadelphia naam bekom en vandag nog word Philadelphia room kaas in kaaskoeke gebruik.

In Amerika word roomkaas gebruik vir kaaskoeke en in Italie word Ricotta kaas gebruik, en in Duitsland en Pole gebruik hulle “quark” wat ook maar roomkaas is.

In Amerika is 30 Julie, Nasionale Kaaskoek dag.

Die resep vir kaaskoek bestaan gewoonlik uit, roomkaas, vars room, strooisuiker, eiers en koekmeel. Die room kan ook met suur room, jogurt of karringmelk vervang word. Kaaskoek kan gebak word en dan is daar ook gestolde kaaskoeke waar gelatien gebruik word om die mengsel te stol. Die gestolde kaaskoek se tekstuur is ligter as die gebakte kaaskoek se tekstuur. Kaaskoek word gewoonlik in ‘n losboom veerklamp koekpan van so tussen 13 – 15cm gebak of gemaak.

Die kaaskoek kan dan met verskillende bolae bedek word soos : swart kersies, blou bessies, aarbeie, granadilla ensv. Jy kan ook ander bestandele by die kaaskoek mengsel meng soos sjokolade splinters of vanielje peul wat jy uitgeskraap het, daar is soveel moontlikhede gebruik maar jou verbeelding!

Jy kan ‘n Romany Cream fyngedrukte koekie kors maak en dan kakao by jou roomkaasmengsel meng, of jy kan ‘n Nuttikrust koekie kors maak en karamel kondensmelk en fyn gedrukte piesang by jou roomkaasmengsel meng, of jy kan ‘n koekie kors maak Eat-sum-mor koekies en dan ‘n blikkie heel aarbeie by jou roomkaasmengsel meng.

Wenke om die perfekte kaaskoek te maak is : die roomkaas, room en eiers moet teen kamer temperatuur wees, die roomkaasmengsel moet nie te veel geklits of  gemeng word nie, die kaaskoek moet nie te lank gebak word nie, die mengsel moet nog  wikkel of “wobbly” wees as die kaaskoek uit die oond gehaal word want die mengsel sal stol en dan gaan die kaaskoek romerig wees. Die kaaskoek moet eers afkoel voordat jy dit in die yskas sit om koud te word voordat jy die bolaag opsit.

Ons betroubare en heerlike kaaskoek resep wat ons varieer met verskillende bestandele is soos volg, maak ‘n koekie kors van 1 pakkie fyngedrukte Tennis beskuitjies en 125 ml gesmelte botter, druk die kors in ‘n gesmeerde losboompan en bere die koekpan in die yskas.
Nou meng  jy 2 blikkies kondensmelk met 125 ml suurlemoensap, jy sal merk dat die kondensmelk verdik, dan meng jy 3 x 250g bakkies roomkaas,250 ml strooisuiker en 2 eetlepels vla poeier saam, dan meng jy die kondensmelk en roomkaas mengsel saam. Klop 250 ml vars room tot styf, vou die room by die roomkaasmengsel.

Gooi twee derdes van die roomkaasmengsel in die koekie kors in die losboompan. Meng 4 eetlepels kakao by die orige roomkaasmengsel en gooi dit oor die mengsel in die koekpan, om te keer dat die twee mengsels meng kan jy die kakao mengsel oor ‘n lepel giet wat jy so na as moontlik aan die ander mengsel hou.
Bak die kaaskoek teen 180 grade Celsius vir 30 minute, haal uit die oond. Die mengsel gaan nog wikkel, laat dit afkoel vir so uur en dan sit jy die kaaskoek in die yskas om koud te word. Haal dan die kaaskoek uit die losboompan as dit klaar koud geword het en bedien.

Bederf jouself en jou gesin die naweek met ‘n heerlike tuisgebakte kaaskoek.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s