Koskenades 34 – Sampioene

Sampioene is een van die veelsydige bestandele in die kombuis. Dit is heerlik diep gebraai met krummels om, rou in ‘n slaai, in ‘n sous en sop, gestop en gebraai, gerooster en gepekel. In ‘n omelet of ‘n pasta gereg.

Ons maak selfs gebakte vla – Mushroom Custard – met drie verskillende soorte sampioene. Jy braai fyn gekapte uie en ‘n  verskeidenheid van fyn gekapte sampioene in botter, as die uie deurskynend gooi jy ‘n bietjie room by die uie en sampioen mengsel en vermeng dit tot ‘n fyn mengsel amper soos sop maar met nog heel stukkies sampioene. Dan meng jy eier, room, en bietjie koekmeel. Meng die twee mengsels bymekaar, skep in gesmeerde ramekins en bak in die oond tot gestol. Bedien met tuisgemaakte saadbrood.
Sampioene maak ook ‘n heerlike vegetariese gereg en is die perfekte plaasvervanger vir vleis.
Sampioene is ryk aan minerale en het die beste voedingswaarde as dit rou gebruik word. Interressant dat sampioene nie groente is nie maar die vrugte van ‘n fungi.

Sampioene het ‘n lae vet inhoud, bevat geen cholesterol en dit is hoog in vessel. ‘n 100g porsie sampioene het meer vesel as ‘n snytjie volgraan brood.

Die Chinese glo dat sampioene opkikkerende eienskappe het. Die Iere het gedink dat sampioene sambrele vir kabouters was en in Engeland het hulle geglo dat net sampioene wat onder ‘n volmaan bymekaar gemaak is ge-eet kan word. Baie kruie dokters en praktisyns van Oosterse medisyne meen dat sampioene die immuniteitstelsel versterk.

Die wit sampioen is die algemeenste sampioen wat in kos gebruik word. Die wit sampioen word in verskillende stadiums verkoop – knopie, medium en groot.

Die bruin sampioen – wat net soos die wit sampioen lyk maar bruinerig – is die wilder kant van die sampioen familie en het ‘n heerlike geur as dit gaar is. Die bruin sampioen het ‘n fermer tekstuur en ‘n sterker neutagtiger geur as die wit sampioen.

Die Poratbello of die groot bruin-swart sampioen is plat en is die grootste sampioen wat in die winkels te koop is. Die Portabello sampioen werk in amper enige dis, het ‘n hemelse geur en is baie veelsydig. Die sampioen is ideal saam met ‘n vleis braai of gestop en in die oond gebak. Wees versigtig wanneer jy die sampioen in ander disse saam met ander bestandele gebruik, dit kan die dis verkleur.

Die Portabellini is ‘n bruin sampioen met ‘n dik stam en ‘n donker valerige mussie. Die sampioen is groter en het ‘n sterker geur en is ook vlesiger van tekstuur as sy wit familielede. Hy behou sy vorm goed wanneer dit gaar gemaak word en maak verruklike pasta souse.

Die oester sampioen is ook deesdae meer geredelike verkrygbaar. In ‘n natuurlike habitat is die oester sampioen gelerig van kleur, maar gekweek is hy witter. Dit is ook beter om die oester sampioen te skeur en nie te sny nie.

Porcini is ‘n wilde sampioen met ‘n vleisagtige bolvorm met ‘n langer stam as die ander sampioene. Sy tekstuur is baie fyn, amper fluweelagtig en hy het nie “ribbetjies” of lamelle wat die regte beskrywing is.

Wees baie versigtig vir giftige sampioene as jy self sampioene pluk – selfs die eetbares het misleidende niggies en nefies.

As jy sampioene gekoop het en dit nie dadelik gaarmaak nie, haal dit uit die verpakking, bêre in ‘n bruin papiersak of laat dit los onder in jou yskas lê. Gebruik verkieslik binne ‘n dag of twee.

Onthou  dat sampioene ander bestandele in ‘n gereg se geure absorber moet dus nie ‘n dis met sampioene kompliseer met te veel geure nie. As jy sampioene wil vul, braai hulle eers vinnig aan albie kante. So breek die vesel af en verseker dat jou sampioen en vulsel saam gaar is.

Onthou ook dat sampioene baie water bevat en dit verloor tydens die gaarmaak proses. Voeg dus altyd eers ekstra vloeistof by nadat die gaarmaak proses byna voltooi is om te kan bepaal of ekstra vloeistof nodig gaan wee sanders kan jou dis watering wees.

Geniet en eksperimenteer met sampioene!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s