Koskenades 35 – Gluten

Gluten, die bewustheid van gluten en die effek van gluten op jou liggaam het die laaste 2 jaar baie toe geneem.

En meer en meer winkels staan rak spasie af vir die verkoop van glutenvrye produkte omdat die aanvraag sterk toegeneem het.

Toe ons 6 jaar gelede gevra is om ‘n produk te ontwikkel wat glutenvry is het ons nie eers geweet wat gluten is nie. Glutenin en gliadin is protein wat voorkom in koring, gars rog en hawer. Met ander woorde gluten kom nie sommer net so in hierdie meel voor nie dit is slegs wanneer glutenin en gliadin wat afsonderlik in koring is met water gemeng word vir ‘n bak of kook proses wat gluten vorm. Mense wat sukkel met gluten het gewoonlik ‘n gluten sensitiwiteit of intoleransie of ‘n siekte toestand genoem seliak siekte.

Seliak siekte is ‘n baie ernstige kondisie wat ontstaan weens inflammasie in die dun derm tesame met die vernietiging van die villi in die dunderm. Villi is klein vingeragtige haartjies wat oral teen die dunderm kanaal is, elke haartjie is omtrent 1.6 mm lank en is verantwoordelik vir die absorpsie van al die nodige voedingstowwe en minerale uit die kos wat ons eet.

Die villi bedek rofweg ‘n oppervlakte van 200vkm in jou dunderm. Gluten is die elastiese of gommerige bestandeel van byvoorbeeld koringmeel (koekmeel) wat deeg ‘n rekbare eienskap gee, en wat ook die lugborrels huisves in enige iets wat gebak word. Die gommerigheid in brood, koek pasteie, koekies ensv beskadig en of vernietig die villi in jou dunderm en veroorsaak dat die delikate haartjies nie meer die belangrike voedingstowwe en minerale kan absorbeer nie.

Met die afbreek proses van aminosure beland daar dan skadelike aminosure direk in jou bloedstroom as gevolg van die skade aan jou dunderm wand en dit is dit wat jou siek maak.
Wanneer jy byvoorbeeld van ‘n pastei sooibrand ontwikkel is dit alreeds ‘n goeie indikasie van ‘n gluten weerstandigheid in jou liggaam. Die enigste kuur vir seliak siekte of gluten intolleransie is ‘n algehele glutenvrye dieet.

Gluten intoleransie is die mees ongediagnoseerde toestand wat deur kos veroorsaak word. Vir elke 1 persoon wat gediagnoseer word met seliak is daar +- 80 wat ongediagnoseer bly. Navorsers begin nou eers ernstig kyk na al die vorme van gluten intolleransie.

Baie keer het mense simptome van seliak siekte maar het nog nie die ernstige skade van die villi aan die dunderm nie. Simptome van seliak siekte of gluten intolleransie is winderigheid, abdominale pyne of ongemak, diaree en ook hoofpyne, migraines, lusteloosheid, moegheid, aandagafleibaarheid, hiperaktiwiteit, spier verswakking asook been en gewrigspyne.
Dit is baie erg om te dink dat brood en koek kan al hierdie toestande veroorsaak. Sodra ‘n mens beging bewus word van gluten is dit verstommend om te sien wat alles gluten bevat. Selfs speserye bevat gluten, gebottelde souse, pakkies sop, kerrie poeiers ensv ensv.

Selfs sjampoo kan gluten bevat maar gelukkig eet ons dit nie.

Ons wil graag vir mense meer leer oor die kuns om glutenvry te kook en is besig om ‘n klas saam te stel t waar ons mense kan leer om gesonder of glutenvry te eet.

Daar is ‘n nuwe glutenvrye meel ontwikkel wat in byna enige resep wat jy aan kan dink gebruik kan word  sonder om smaak, tekstuur en raklewe in te boet.

Dit is juis die smaak, tekstuur en raklewe wat oor die algemeen die probleem is met glutenvrye produkte. Mense wat gluten intoleransie het moes deur die jare al die lekker goed soos koek, brood pasteie en koekies  ignoreer en vermy maar dit is nie meer nodig nie.

Ons kan julle wys hoe om smaaklike kos en gebak te maak met die nuwe produkte wat beskikbaar is. Stuur gerus julle besonderhede na ivan@glutenfreecompany.co.za as julle belangstel in ‘n klas of vir meer inligting oor die meel.

8 thoughts on “Koskenades 35 – Gluten

  1. Ek sal graag mee wil weet oor gluten en beslis wil weet waar om die meel te koop. My man is sensitief vir gluten,maar noudat ek n bietjie weet,wil ek gluten vir n maand hEeltemal vermy in ons gesin se dieet en kyk of almal nie beter kan funksioneer nie.

  2. Stuur asseblief vir my meer inligting oor gluten vrye meel ens. Ek is n ruk terug gediagnoseer met seliak siekte, en dit bly n opdraende stryd.

  3. My dogter het op 23 ewe skielik ‘n allergie op haar hande ontwikkel en is gediagnoseer met kontakdermititis. Na vele behandelings het sy gegaan vir kos-allergie bloedtoetse en het hulle agtergekom sy is allergies vir gluten. Na slegs 2 glutenvrye dae is die uitslag en ongemak heeltemal weg.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s