Koskenades 36 – Melktert

Melktert is ‘n Suid Afrikaanse nagereg of tert.

Melktert  word gemaak van ‘n soet bros deeg met ‘n romerige vulsel wat gemaak word van melk, meel, suiker en eiers. Die verhouding melk tot eiers is meer as in die tradisionele vla tert van Europa of ‘n Chinese eier tert, wat dan ‘n ligter tekstuur en ‘n sterker melk geur tot gevolg het.

In sommige resepte word die melkmengsel in die kors gebak en in ander word die kors gebak en die melktert vulsel apart gemaak wat dan in die gebakte kors gegooi word.

Kaneel word dan oor die melktert gesprinkel en dit stol wanneer dit afkoel, daar kan ook kaneelstokkies saam met die melkmengsel gekook word om die kaneel geur in die melk te laat intrek.
Thomas van der Noot was ’n uitgewer en skrywer van formaat in die vroeg 16 de eeu, hy was afkomstig van ‘n baie prominente Brusselse familie. Hy het erkenning ontvang vir die publikasie van die eerste gedrukte resepte boek in die Nederlandse taal. Die boek se naam was “’n Klein Notaboekie van Kookkuns” en is in 1514 gepubliseer. Melktert gaan terug na die vastyd in die dae van Thomas van der Noot in 1510 toe ‘n pap van amandelmelk, plantolie, fynmeel, rysmeel, gemmer en kaneel gemaak is en met vadag genuttig was.
Van der Noot se tert resep is ‘n moderne resep met baie eiers en min meel. Van der Noot se sogenaamde moderne resep het Boerekos se melktert geword. Dit was deur die byvoeging van meel en amandels ‘n variasie op ‘n ou Romeinse eier-en-melk-vla. Toe vasdag reels verslap het, is melk en eiers in plaas van amandelwater gebruik en amandels is vir geur bygevoeg.
In die 1700’s is ‘n tert met ‘n “melkvulzel” gemaak. Dit verskil weinig van Thomas van der Noot se sestiende-eeuse resep, maar daar is ook ander geursel as amandels gebruik soos kaneel en nartjieskil. Sommige kokke het in plaas van amadels perskeblare in die melk gekook. Die twintigste eeu se tradisionele melktert resep verskil slegs van die sestiende eeuse resep ten opsigte van skilfertertdeeg en amandelgeursel wat in plaas van van fyn amandels en ‘n broskors gebruik is, en die styf geklopte eierwitte wat soms laaste ingevou is
Daar is verseker soveel melktert resepte soos wat daar families en geslagte in Suid Afrika is.

Daar is  verskillende melktert korse soos broskors, skilferkors, en ‘n fyngedrukte Tennis beskuitjie kors.
Jy kry ook ‘n korslose melktert, wat een van my gunsteling melkterte is. ‘n Korslose melk tert vorm sy eie kors onder in die tertpan deurdat die meel afsak in die mengsel.
Dan is daar verskillende resepte vir vulsels. Jy kan ‘n melktert vulsel maak waarin styfgeklopte eierwitte ingevou word wat dan vir jou ‘n veerligte vulsel gee. Jy kan ook kondensmelk in ‘n melktert vulsel gebruik.

Ina Paarman het ‘n interressante variasie van die bekende melktert. Sy maak ‘n korslose melktert , maar voor die mengsel in die tertpan gegooi word om te bak word ‘n lagie fyn gesnyde tert  appels onder in die tertpan gepak, die korslose melktert vulsel word dan oor die appels gegooi, kaneelsuiker oorgestrooi en dan in die oond gebak.

Ons het ook al ‘n resep raak geloop vir ‘n Melktert kaaskoek, en die Griekse variasie van ‘n melktert word Bougatsa genoem en word met lae filo deeg  gemaak, en daar word semolina en gerasperde suurlemoen skil  in die Bougatsa vulsel gebruik.

Daar is ook ‘n “shooter” wat Melktertjie genoem word, die drankie is ‘n moderne eg Suid Afrikaanse drankie wat soos melktert ruik en proe, maar met ‘n effense skop en kan partykeer mense wat nog nooit “shooters” gedrink het in Melktertjie aanhangers verander met ‘n slukkie.
Daar is  verskillende variasies van die drankie, maar die basiese bestandele bly dieselfde. Jy meng Vodka, kondensmelk en Ideal melk saam in ‘n voedselverwerker, koel die mengsel af en bedien in ‘n glasie met bietjie fyn kaneel oor gestrooi. Vir die Melktertjie mengsel gebruik jy 375ml Vodka, 1 blikkie kondensmelk en 1 blikkie Ideal melk.

Melktert fudge is ook ‘n interresante variasie, jy bring  800 g suiker, 250 g botter, 250 ml melk,250 ml kondensmelk, 10 ml vanielje, 10 ml fyn kaneel tot kookpunt en kook verder oor lae hitte terwyl jy die mengsel met ‘n houtlepel roer tot goudbruin, dit moet vir so 25-30 minute kook. Haal dan van stoof af en klits op’n lae spoed met ‘n elektriese handklitser tot romerig. Gooi in gesmeerde koekiepan en laat afkoel, sny in skywe met skerp mes.

‘n Melktert vulsel is ook ‘n heerlike vulsel vir ‘n pannekoek, en jy kan baie maklike filo tert doppies maak en ‘n melktert vulsel daarin skep, kaneel oor strooi en bedien as ‘n baie maklike nagereg.

Ek wonder hoeveel melktert variasies daar nog kan wees, eksperimenteer bietjie met melktert en deel dit met ons.

4 thoughts on “Koskenades 36 – Melktert

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s