Koskenades 37 – Kersfees 2012

Met die Kers seisoen wat nader kom het ek dit goed gedink om ons Kersdag spyskaart met almal te deel. Niemand wil regtig die hele dag voor Kersdag en nog Kers oggend ook die heel tyd voor die stoof deur  bring nie.

Die meeste geregte in ons Kersdag spyskaart kan voor die tyd voorberei word en op Kersdag gebak of opgewarm word.

Ons begin die Kers ete met ‘n Kersfees klapper wat jy kan eet. Jy maak dit met 3 velle filo deeg van ongeveer 10cm x 15cm. Filo deeg is die papier dun velle deeg wat jy by ‘n supermark kan koop in ‘n lang dun boksie in die gevriesde produkte afdeling.

Elke 10cm x 15cm filo deeg velletjie word met gesmelte botter geverf. Die vulsel wat ek gaan gebruik dié

Kersfees is ‘n langwerpige blokkie Brie kaas, so ongeveer 2cm dik en breed en so 4cm lank. Saam met die Brie kaas sit ‘n gesnyde stukkie groen vy konserf en ‘n paar geroosterde gemengde neuter by. Plaas die kaas, neute en vy langwerpig in die middel op een van die velletjies filo deeg en rol dit mooi toe  in ‘n klapper vorm. Rol dan nog twee velle filodeeg velletjies om die een met die vulsel in. Knyp nou die twee kante vas en vorm ‘n klapper. Bind die twee punte met sprietui blare vas.

Maak nou seker dat die buitekant mooi orals met gesmelte botter geverf is. Hierdie klapper word dan net voor ete vir 5minute in die oond gebak teen 180 grade tot die deeg effens bruin word. Bedien met ‘n rooi vy en balsamiese asyn reduksie wat jy by ‘n supermark kan koop.

Die hoofgereg vir die Kersfees is ons variasie van die turducken wat ons ‘n turclucken noem omdat ek net ‘n ontbeende hoender binne ‘n ontbeende kalkoen gebruik. Ons het gedink dat ‘n Afrikaanse naam vir ‘n turclucken kan iets wees soos kaloender of kalkekkel. Wat dink jy Elsie? Jy kom mos Saterdag leer om self ‘n heel hoender te ontbeen. Luisteraars kan hulle hoenders en kalkoene bring dan leer ons hulle om hulle eie turclucken te maak of alternatief kan hulle dit by ons bestel.

Ons turclucken word gemaak met preie, spek, kersies, koeskoes, en dan gebak in ‘n hoender aftreksel en likeur mengsel.

Ons Kers groente is ‘n oondgebakte eenbak gereg, sny soet patat, aartappel, rooi ui, geel soet rissie en rooi soet rissie in +- 3cm blokkies, gooi in oondpan, sit so paar heel knoffelhuisies tussen in. Gooi olyf olie oor en kyk dat al die groente met olyf olie bedek is, strooi swart peper oor en NIE sout nie. Bak tot al die groente sag is, sny dun skyfies Haloumi kaas wat jy bo-op die groente sit as dit alles sag gebak is, sit die groente terug in die oond en laat die Haloumi kaas oor en deur die groente smelt.

By die groente maak jy koekoes met gedroogde appelkose, komyn saad en gevriesde ertjies. Jy kan dit ook vooraf maak en net weer opwarm.

Vir slaai vat jy gelyke hoeveelhede kersie tamaties, heel aarbeie en Feta kaas wat jy saam met botter blaarslaai bedien, strooi geroosterde dennepitte en croutons oor die slaai en bedien dit met ‘n viniagrette.

Ons Kers nagereg is ‘n Tiramisu poeding resep met ‘n Kersfees kinkel. Ons gebruik Kers koek wat in sjerrie gedoop is in plaas van vingerbeskuitjies  in ‘n sterk koffie en koffie likeur. Vir die wat nie Kerskoek eet nie kan jy Eetsumor en Romany Cream koekies opbreek in kwarte en dit in die sjerrie doop. Maak dan ‘n mengsel van styfgeklopte eierwit en strooisuiker wat jy in ‘n roomkaas en dubbelroom Griekse jogurtmengsel invou, vou dan ook gesnyde stukkies Marachino kersies in die roomkaas mengsel. Die mengsel word nou oor die sjerrie gedoopte Kerskoek gegooi en versier met gebreekte Flake, of goeie donker sjokolade wat gerasper is saam met heel Marachino kersies.

Saam met die ete bedien jy ‘n vrugte drankie gemaak van waatlemoen, pynappel, appel, druiwe en vars gemmer wat jy in ‘n voedselverwerker fyn maak. Daarby meng jy sodawater en vodka na smaak. Bedien met gebreekte ys en vars suurlemoen skyfies. Jy kan natuurlik lemonade ook bysit om die drankie soeter te maak as jy wil.

Met goeie beplanning kan net die slaai en drankie op Kersdag gemaak word en die ander disse kan voorberei word en op Kersdag  net opgewarm of gebak word. Wat dan sal sorg vir ‘n rustige en gesellige Kersdag!

Lekker eet die Kersfees!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s