Koskenades 38 – Eet gesonder maar lekker! na die feestyd se smul

Mango smoothie Mag 2013 ‘n geseënde jaar vir julle wees en mag die Here almal bless met hulle beste verwagtinge!

Nou na die fees vieringe waar die meeste van ons te veel van verskillende ryk geregte saam geniet het, wil ek met julle deel hoe ek en Hanlie probeer om net bietjie weer terug te keer na normaal, na al die lekker saam kuier met vriende en familie moet ons bietjie weer orde kry in ons etes!

Dit is nie verkeerd om lekker te eet nie, want ons moet elke dag die lewe vier omdat dit so ‘n wonderlike gawe is, maar om amper elke ete te begin met smulhappies, hoof gereg, nagereg en heerlike drankies kan dalk op ‘n stadium net effens te veel raak!

Ons het net heelwat afgeskaal deur om minder of kleiner porsies te eet en te konsentreer op gesonder etes wat nie so ryk is soos die fees kos wat ons geniet het nie. Die mees gesonde ontbyt om te eet, wat sal help om jou ‘n goeie hupstoot te gee vir die terug werk toe elke oggend is 1 sny volgraanbrood met bietjie botter op, 1 eier wat in olyf olie gebak is, en 1 klein vars tamatie wat in skyfies opgesny is en met sout en peper gesprinkel is. Hierdie kombinasie vir ontbyt gee vir jou al die proteiene, koolhidrate, vette, vitamines ensv. wat jou liggaam nodig het om jou te help om met energie middag ete te haal.

Vir middag ete maak ons die volgende: ons neem een pakkie 2 minuut noedels en maak dit gaar sonder die ongesonde geurmiddels. Dan meng jy opgesnyde komkommers, repies mozzarella kaas, tamaties, sprietuie, olywe en wortel repies daarby en geur dit met ‘n bietjie olyfolie en balsamiek asyn. Die slaai is meer as genoeg vir middag ete, as jy ‘n vleis liefhebber is dan kan jy repies gerookte hoender borsies of tuna vlokkies of selfs repies van gisteraand se oorskiet biefstuk bymeng.

Tussen ontbyt en middagete en selfs so teen 4uur die middag wanneer ‘n honger kolletjie begin ontwikkel kan iets soos ‘n vars vrug of ‘n vrugte smoothie net die ding wees om jou deur te sien.

Amper net soveel vars vrugte wat daar is, soveel verskillende kombinasies is daar vir vrugte smoothies. Die kombinasie waarvan ons baie hou is soos volg – 1 kop jogurt, 1 kop melk, 2 geskilde wortels, 3 geskilde & verkoelde appels, ‘n halwe koppie hawermout, 1 kop gevriesde of vars aarbeie, 1 piesang en 4 blokkies ys. Versap alles saam in die versapper – heerlik! Die smoothie kan ook instaan vir ‘n vinnige ete. Jy kan met verskillende vrugte eksperimenteer – self met kiwi, komkommer en kruisement!

Vir aandete neem ons ‘n ontbeende hoenderborsie wat met ‘n vleishammer dunner geslaan word, met bietjie hoender spesery gesprinkel word en in ‘n bietjie olyfolie gebraai word. Daarmee saam eet ons gestoomde brokkoli of selfs gevriesde “Country Veg” wat ook gestoom word en  waaroor bietjie sout en peper gesprinkel word. Saam met dit kan jy ook ‘n heerlike Griekse slaai eet. Jy kan die hoender borsie vervang met ‘n stukkie biefstuk wat so groot is soos jou handpalm, of ‘n 2 porsies vars vis. Jy voel sommer heelwat beter met die ligte etes.

Ek weet ons voel almal nog so effe lui na die lekker vakansie en vir die uitdaging van die nuwe jaar. Ons het ‘n groente drankie raakgelees wat vir jou woema kan gee vir die dag en dit sal sommer jou kolon ook bietjie skoon maak. Hierdie drankie is deur ‘n onkoloog voorgeskryf vir ‘n pasient met kolon kanker. Jy neem 1 liter (langlewe) vrugte sap, 1 brokkoli, ‘n halwe koolkop, 1 medium pynappel en 2 wortels. Versap alles saam en jy kan dit veilig in die yskas stoor vir so 5 – 6 dae. As dit bietjie dik is dan kan jy nog vrugtesap bymeng. Drink elke oggend 1 glasie van die groente drankie.

Ek hoop ek kon vir julle goeie raad gee om sommer die jaar met baie hoop en vol woema aan te pak!

Noodle salad

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s