Koskenades 39 – Lemonade en Gemmerbier

lemonade1 Met die hittegolwe wat ons die afgelope tyd, die een na die ander tref, het ek gedink om vandag oor heerlike tuisgemaakte lemonade en gemmerbier te praat.

Ek dink die mees bekende tuisgemaakte koeldrank wereldwyd is lemonade. Dit word gewoonlik van suurlemoensap, suiker en water gemaak.Daar is verskillende variasies van lemonade wereldwyd, in Noord Amerika word net suurlemoen sap, suiker en water gebruik om lemonade te maak. In Indie en Pakistan voeg hulle bietjie sout en gemmer by. Die tradisionele IndiesPakistanie lemonade word verder gegeur met safraan, komyn en kan julle glo! knoffel.

Die oorsprong van lemonade kan so ver terug as 700 vC gevind word, as ‘n suurlemoen wyn drankie wat gegeur is met dadels en heuning.

In Oos-Europa maak hulle ‘n pienk lemonade. Daar word een van die volgende bygevoeg : framboos sap, kersie sap, rooi pomelosap, rooi druiwesap, bosbessie sap of aarbei sap. Dit verander effens aan die smaak en veroorsaak dan ook die pienk kleur.

Ons gooi ‘n bietjie sitroen suur by ons tuis gemaak lemonade en wanneer ons die stropie en water aanmaak gooi ons so mes puntjie koeksoda by vir ‘n bietjie borrels.

Lemonade word in Amerika baie wyd verkoop as ‘n verfrissende drankie in die somer. Lemonade is daarom oor die algemeen beskikbaar by markte en feeste in Amerika. In sommige areas word dit as ‘n “lemon shakeup” verkoop, en die uitgedrukte halwe suurlemoen skil word binne in die glas met die lemonade bedien vir meer van die sitrus geur.

Baie Amerikaanse kinders verdien in die somer ‘n inkomste met hulle tuisgemaakte lemonade stalletjies, die stalletjies is ikonies van somertyd in Amerika.

Suurlemoensap wat met water gemeng word is ook goed vir persone wat sukkel met nierstene. Suurlemoene bevat die hoogste konsentrasie sitraat van alle vrugte. Dit is dan ook die sitraat wat die vorming van nierstene voorkom.

Gemmerbier het sy oorsprong in die 1700’s in Brittanje. Yskoue gemmerbier is natuurlik baie gewild in Suid Afrika. Gemmerbier word van water, suiker, jamaika gemmer, kremetart, suurlemoensap, gis en sultanas gemaak. Jy kook alles saam behalwe die gis en die sultanas. Jy laat dit dan afkoel tot by kamertemperatuur, voeg dan die sultanas en gis by, roer goed, gooi alles in ‘n plastiek emmer en maak toe. Laat staan vir 3 dae by kamer temperatuur, na 3 dae kan jy die emmer oopmaak en die gemmerbier in twee-liter plastiek bottels oorgooi, stoor dan die gemmerbier in die yskas en bedien dit yskoud met ‘n paar blokkies ys en ‘n kruisement blaartjie.

Pas net op dat die gemmerbier nie te lank staan voordat jy dit in die yskas sit nie.

Ek en Hanlie was in 2002 beoordeelaars van ‘n potjiekos kompetisie in Ladybrand. Met die proe van die potjies het ons agter gekom dat party deelnemers aan die kompetisie meer jolig is as ander. Soos dit nou in ‘n klein dorpie werk het dit uitgekom dat die ekstra joligheid van party te danke was aan gemmerbier met ‘n ekstra skop, wat nie eers die maker van geweet het nie. Nodeloos om te se dit was ‘n baie lekker potjiekos kompetisie en die verloorders het nie te sleg gevoel nie.

sk0812lientjie15_310w

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s