Koskenades 40 – Roomys

Raspberry Ripple Ice Cream Met die baie warm weer van die afgelope tyd het ek besluit om weer oor iets koel te praat vir ‘n effense lafenis.

Wat is dan nou lekkerder as ‘n heerlike roomys op sulke warm dae. Ek het bietjie gaan navors oor waar roomys begin het en was baie aangenaam verras oor die oorsprong daarvan.

Selfs meer as 400 vC was daar in die Persiese Ryk baie vindingryk met roomys  ge-eksperimenteer. Die Perse het sneeu vlokkies versamel op die bergtoppe in die wintermaande en dit dan in bakkies gemeng met ‘n druiwesap konsentraat en so geeet. Vandag is die streek waar roomys se primitiewe oorsprong was bekend as die Hamedan provinsie in Iran. Die Persiese volk het self meer innoverend geword deur bevrore roomys disse te maak van sneeu, rooswater en vermecilli en daarby het hulle safraan en vrugte gemeng – die eksotiese disse is aan koninklikes bedien. Hierdie disse en roomys geregte was meestal in die winter geniet alhoewel hulle in ondergrondse koel kelderkamers van die sneeu gestoor het.

Bevrore geregte was van die antieke tye af gewild en daar is selfs beweringe dat ‘n gevriesde mengsel van ys en melk wat ons vandag as die melkroomys ken al 200vC ‘n gunsteling was. Ek wonder of dit nie ook die eerste melkskommels was nie.

Dit is baie maklik om jou eie eksotiese roomys te maak. Om mee te begin moet jy eers die basiese roomys resep onder die knie kry.

Jy neem 4 eiers waarvan jy die wit en die geel geskei het, klits dan ‘n halwe koppie strooisuiker saam met die eiergele tot dit mooi lig geel en skuimerig is, dit sal selfs bietjie dikker en stywerig wees. Klits dan die eierwitte styf totdat dit punte vorm, jy moet ook die bak kan omdraai sonder dat die styfgeklopte eierwitte uitval. In ‘n ander bak klits jy 500ml vars room tot styf, voeg 5ml vanielje by die eiergeel mengsel en roer dit sodat die vanielje goed inmeng. Jy is nou klaar met al die voorbereidings – gooi alles – die eiergeel mengsel, die styfgeklopte eier witte en die styfgeklopte room – in ‘n mengbak bymekaar en vou alles totdat dit goed gemeng is, moenie dit meng nie – vou alles saam in. Gooi dit oor in ‘n houer waarin jy dit in die vrieskas kan sit om te vries. Vir ‘n lekker sagte roomys tekstuur kan jy dit elke uur of so roer, maar dit is nie noodsaaklik nie.

Nou kan jy lekker speel met verskillende variasies, byvoorbeeld : neem 1 houer volroom gladde roomkaas en 1 blikkie bloubessies, meng die roomkaas en bloubessies saam en vou die mengsel by jou roomys mengsel in voordat jy dit vries vir ‘n heerlike bloubessie kaaskoek roomys. ‘n Variasie waarvan ek hou is rum en rosyne – jy week so 1 – 2 koppies rosyne oornag in rum essens – jy gooi die vloeistof af voordat jy die geweekte rosyne in jou roomysmengsel vou en siedaar heerlike “rum & raisin” roomys.

Een van die gunstelinge wat ons by ons restaurant bedien het is suurlemoen meringue roomys – die gaste het behoorlike die bakke uitgelek. Daar is verskillende maniere, op ons resepte bladsy is ook ‘n resep. ‘n Maklike manier is ook soos volg : jy neem 1 blik kondensmelk en ‘n halwe blikkie suurlemoensap wat jy saam meng tot dit lekker dik is. Koop klaar gemaakte meringue by ‘n winkel – breek die meringue in groterige stukkies, gooi ‘n laag van jou basiese roomys mengsel, gooi van die suurlemoen-kondensmelk mengsel en die stukke meringue daaroor – gooi weer ‘n roomyslaag en herhaal tot alles klaar is – eindig met ‘n laag roomys. ‘n Makliker manier is ook om net alles saam te vou.

Gaan eksperimenteer met aarbeie en bessies, stukkie Turkish delight en geroosterde neute, stukkies sjokolade en karamel – geniet jouself!

Vir ‘n baie maklike bevrore jogurt wat ons vir ons 5-jarige dogtertjie maak vat ons ‘n pakkie van die klein jogurt bakkies wat in pakke van 6 of 8 verkoop word, koop roomys stokkies by ‘n winkel wat bak benodighede verkoop – sny ‘n gaatjie in die middel van die  foelie deksel van die jogurt druk die roomys stokkie daarin en sit dit in vrieskas – dit neem so 2-3 ure om te vries. Haal uit vrieskas soos nodig, hou die bakkie vir so wyle in jou hand, haal die foelie deksel af, haal die gevriesde jougurt stokkie roomys uit die bakkie. Meer as net kleuters hou daarvan!

Ons gooi nie die jogurtbakkies weg nie – maak ‘n pakkie vrugte jellie soos mango aan volgens die instruksies gooi so 100ml mango sap by en so 100ml mango puree. Skep die mengsel in die bakkies, laat effens stol, steek die roomys stokkie in die middel van die effens gestolde mengsel (die stokkie moet regop kan staan) in die bakkie, laat dit vries en daar het jy ‘n heerlike vrugte roomys.

Ons maak ook graag suurlemoen sorbet wat suurlemoen gegeurde water is met bietjie suurlemoen pulp in wat gevries word. Hierdie sorbet word word in baie klein porsies bedien om jou palet te reinig tussen geregte as jy ‘n 3-6 gang maaltyd bedien.

Geniet die roomys!

roomys 2

One thought on “Koskenades 40 – Roomys

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s