Koskenades 43 – Escargots of slakke

OLYMPUS DIGITAL CAMERASo ‘n maand of wat terug het ek ‘n kook klas aangebied by ‘n Lodge in Noordwes. Die kombuis personeel moes onder andere leer hoe om lekker biefstuk en sappige slakke gaar te maak.

Die kook klas was so lekker dat ek besluit het om vandag oor slakke te praat. Ons almal het slakke wat in restaurante bedien word leer ken as escargots, escargot is ‘n Franse woord vir slakke, en dit is ‘n gereg wat gemaak word van land slakke. Nie alle landslak spesies is eetbaar nie en party van hulle is so klein dat dit nie die moeite werd is om hulle gaar te maak nie.

Die drie algemene landslak spesies wat ons eet is die Helix Aspersa of die Helix Pomatia en die Helix Lucorum. Almal is eintlik net die gewone tuin slakke met doppe wat in ons tuine gevind word. Is dit nie ironies dat ons die slakke in ons tuine vergiftig en dan bestel ons dieselfde slakke as ‘n voorgereg in ‘n restaurant.

Slakke as ‘n voedselsoort gaan eeue terug. Daar is slakdoppe gevind in argeologiese uitgrawings rondom die Middelandse See. In die Romeinse Ryk veral was escargot een van die elite disse wat voor gesit was. Vandag word daar met slakke in slakplase geboer en kan een klein slakplasie soveel as 2 en ‘n halwe ton slakke per jaar lewer.

Ek het ‘n tuis eksperiment van Gordon Ramsay raak gelees nadat hy ‘n slakplaas besoek het. Hy het tuinslakke in sy tuin geoes, slakke kom gewoonlik uit as die tuin nat gegooi word. Hy het die slakke vir twee dae in ‘n gesteriliseerde glasbottel gelos sonder enige kos. Die slakke is in die die tyd gereeld met vars water afgewas. Vanaf die derde dag is die slakke vars afgeskilde wortel gevoer totdat hulle misballetjies oranje van kleur is. Dit is dan ‘n teken dat hulle skoon is van alles wat hulle in die tuin geeet het. Die slakke word dan weer afgespoel, en die glasbottel met die slakke in word dan in die yskas geplaas sodat die slakke in ‘n baie diep slaap kan gaan.

Hulle word dan in hulle doppe in kookwater gekook tot hulle sag is. Die water word afgegooi en die gaar slakke word met ‘n klein vurkie uit hulle doppe gehaal. Dan word die slakke heel anders as die konvensionele knoffelbotter manier gaar gemaak. Jy braai repies gerookte pancetta tot bros, daarby gooi jy dan fyngekapte vars salie en die gaar slakke. Dan braai jy alles saam vir so 5 minute, dan meng jy fyn gekapte vars pietersielie, een vars uitgedrukte suurlemoen se sap en olyfolie daarby. Jy bedien die slakke op ‘n megsel van vars slaaiblare.

‘n Italiaanse resep om slakke gaar te maak is om die slakke in rooi wyn te laat prut met vars opgekapte kruisement, basiliekruid en marjoram. Dit word dan saam met ‘n vars gebakte olyfbroodjie bedien.Slakke bevat baie proteiene en is laag in vet as dit nie in botter gaar gemaak word nie. Slakke bestaan uit 15% proteiene, 2.4% vet en 80% water.

Nog heerlike maniere om slakke gaar te maak is soos volg : jy prut 250ml vars room, 125ml wit wyn en twee opgekapte knoffelhuisies saam totdat die roomsous verdik. Dan gooi jy 200g geblikte slakke en 30g bloukaas by die roomsous. Voor die tyd maak jy blare van skilferkors deeg. Jy bak die blare in die oond tot goudbruin. Die slakke in die bloukaas roomsous word dan op so ‘n deeg blaar in ‘n bordjie bedien en gegarneer met kersie tamaties en avokado.

‘n Ander resep is om 125g botter, 4 fyn gekapte knoffelhuisies, 15 ml suurlemoensap en 200g slakke stadig te verhit vir 5 minute. Gooi dan 5ml fyn gekapte pietersielie oor en geur met sout en peper. Skep die mengsel in ‘n ramekin bakkie, strooi gerasperde Mozzarella kaas oor en bak in warm oond tot kaas gesmelt is. Heerlik!

As jy nog nooit slakke geeet het nie beproef dit gerus! As jy hou van slakke probeer gerus die nuwe maniere om slakke gaar te maak.

Slak 2

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s