Koskenades 44 – Fondue

fondueEk en Hanlie het vanaf skooldae menigmaal saam met vriende rondom ‘n fondue pot gekuier. Fondue is eenvoudig om te maak en jy kan alles vooraf doen en dan gedurende die ete rustig saam met jou gaste om die tafel kuier.

Fondue etes strek so ver terug as die 14de eeu. Die woord fondue is afgelei van die Franse woord “fondu” wat gesmelt beteken. ‘n Fondue was oorpsronklik ‘n gereg van gesmelte kaas wat sy oorsprong in die kookuns van Romadie en Savoy het.

Vandag is daar verkillende maniere van fondue maak. Daar is kaas fondue, olie fondue, aftreksel fondue – of stoomboot en soet fondue wat met sjokolade of vla gemaak word.

Die bekendste fondue vir ons is die olie fondue. Dit is ‘n pot met warm olie. Ligkleurige en matig gegeurde olies wat tot ‘n hoe temperatuur verhit kan word sonder om te rook word gebruik vir olie fondues. Kies olie wat gemaak is van groente, koring, sonneblom, grondboontjie of soja bone. Olyf, sesame en neut olie se geur is te sterk en hulle is geneig om by hoe temperature te brand. As jy van die geur hou, voeg ‘n lepel of twee by een van die ander olies. Daar word dan hoofsaaklik blokkies vleis, vis,hoender en groente in die olie gebraai. Die gebraaide blokkies word dan in ‘n sous gedoop.

‘n Kaas fondue word gemaak van matig gegeurde Switserse kase wat ‘n elsatiese tekstuur het wanneer dit gesmelt word soos gruyere. Mozzarella, edam, fontina en cheddar kan ook gebruik word. Dit moet in suur wyn, likeur of suurlemoen sap gekook word om ‘n gladde tekstuur te verkry. Vir ‘n ligter, alkohol vrye kaas fondue kan sagte kaas soos bokmelkkaas, roomkaas, ricota of mascarpone gebruik word. Sterk gegeurde kaas soos bloukaas, gorgonzola en krummelrige stilton sorg vir ‘n heerlike smaak. Die kase word in melk of ssurlemoen sap gesmelt. Dan word daar broodblokkies, aartappelskyfies, broodstokkies of geblansjeerde groente soos broccoli, blomkool, suiker ertjies en jong worteltjies in die kaas sous gedoop. Probeer verskillende brode wat verskillende teksture het, brode met ‘n bros kors soos Franse brood werk gewoonlik die beste. Die kaas sous moet gereeld geroer word om dit romerig te hou. As die kaas sous te dik word, maak ‘n bietjie wyn warm en roer by die sous. Koue wyn sal die kaas sous klonterig maak.

Die Chinese aftreksel fondue (stoomboot) is die gesondste fondue en het ‘n lang geskiedenis. Dit het volgens koninklike geskrifte tydens die bewind van die Qianlang regering tussen 1736 en 1795 ontstaan en was ‘n algemene vorm van onthaal. Die koning was so versot op die gesellige ete dat daar by geleentheid so onthaal in die paleis gehou is. Daar was 530 tafels, elk met sy eie stoomboot. In plaas van olie word aftreksel soos hoender of bief gebruik om die seekos, blokkies vleis, hoender, vis en groente in gaar te maak. Die doopsouse wat saam met die fondue gebruik word is – rissie & gemmersous, sojasous en sesamolie.

En natuurlik is daar ‘n soet fondue ook. Vir die soet fondue kan jy vla, botterkaramelsous of ‘n sjokolade sous in die fondue potjie verhit. Maak seker die souse is dik genoeg om die happies wat daarin gedoop word te bedek. Vir doopdingetjies gebruik jy stukkies vars vrugte soos pynappel, vars kersies en aarbeie. Blokkies koek soos dadelbrood, piesangbrood, sponskoek, gemmerbrood en stukkies gebreekte meringue is net so lekker!

Gaan krap gerus daar onder in jou kas, stof jou fondue pot af en nooi ‘n paar vriende oor vir ‘n gesellige kuier rondom die fondue pot.

chocolate_fondue_set

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s