Koskenades 45 – Vier Paas tyd met eiers!

paas eierNa aanleiding van die Paas tyd wat ons die naweek vier het ek besluit om paas eiers na te vors en om dan oor eiergeregte te praat.

Paastyd is vir Christene die viering van Christus se opstanding. Die eiers simboliseer vir Christene Jesus se graf wat leeg is, dit is ‘n herinnering dat Hy opgestaan het en dat die wat in Hom glo ewigheid saam met Hom sal deurbring. Die vroee Christene in Mesopotamia het eiers rooi geverf ter herinnering aan Jesus se bloed wat met die kruisiging gevloei het.

Daar is natuurlik ook wereldse vieringe van paas tyd. Paas tyd val in Europa in lente en dit is die jaarlikse tyd van hernuwing, wanneer die aarde begin herleef na die koue winter. En die eiers was dan simboliek van die hergeboorte van die aarde.

Soveel verskillende oorspronge van die paas eier, en die verskillende redes vir die viering van paas tyd wat daar is- net soveel verskillende eier disse is daar.

Eiers kan vir ontbyt, middag ete, aand ete of vir nagereg voor gesit word.

Ek maak gereeld vir ons ‘n souffle omelet vir ontbyt, middag ete of aand ete. Jy klits 4 eierwitte styf tot dit punte vorm, dan klits jy die eiergele tot dik en liggeel, vou dan die eiergele in die styfgeklopte eierwitte in. Gooi die mengsel in ‘n warm pan waarin jy bietjie botter gesmelt het – die pan moet oondbestand wees. Om die omelet lekker vars te hou strooi ek  gekapte vars uie, tamatie en pietersielie bo-op die eiermengsel in die pan sodra die eiermengsel onder in die pan gebind het. Nou kan jy gerasperde kaas van jou keuse en sout & peper oor strooi. Wanneer die eiermengsel so helfte gaar is plaas jy die pan in ‘n oond op rooster en smelt die kaas van bo af en dan is die omelet gaar.

‘n Interressante eierhappie wat ook voorgesit kan word as voorgereg is ‘n eier mayonaisse mengsel in blaarslaai bakkies. ‘n Heerlike ontbyt gereg wat ons ook baie maak met spesiale ontbyte is soos volg. Vat ‘n muffin pannetjie en plaas in elke gaatjie ‘n klein pannekoekkie wat jy mooi vorm teen die kante van die gaatjie. Binne in die pannekoek sit jy gebraaide uie en tamatie mengsel. Bo op dit strooi jy gebraaide stukkies spek. Bo op die spek breek jy ‘n eier en gooi ‘n eetlepel vars room oor. Jy geur dit met sout, peper en paprika en strooi dan bietjie gerasperde kaas oor. Jy bak dit dan in oond totdat die eier na jou smaak is.

‘n Baie interressante slaai wat jy kan voorberei vir ‘n ligte ete is ‘n slaai van : blaarslaai, gaar beet en gekookte eiers met ‘n mayonaisse en dijon mosterd sous. Jy kook die beet tot sag – dit vat so 3 uur en onthou jy moet die beet met die skil en alles aan kook. Wanneer die beet sag is dan sny jy die wortels en blaar stingels af en vryf die skilletjie af.Kook die eiers net lank genoeg dat die eiergeel nog lopend is. Maak dan ‘n lekker slaaisous van ‘n halwe koppie mayonaisse en 2 teelepels dijon mosterd waarby jy 80 ml kookwater gooi en vinnig klop om die heerlike mosterd mayonaisse sous te maak.

Pak blaarslaai in ‘n bakkie, bo-op die blaarslaai pak jy die beet wat in kwarte of blokkies gesny is en bo-op die beet die eiers wat in die helfte gesny is en dan gooi jy die mosterd mayonaisse sous bo-oor – geur met sout en peper en bedien met gekapte vars spriet uie.

Daar is vele nageregte wat ook van eiers gemaak word soos byvoorbeeld pavlova, creme brulee en ook vanielje “egg nog” wat ‘n drankie is wat van eiers, vars room, suiker en vanielje gemaak word.Dit word dan in ‘n glas bedien met geklopte vars room en gerasperde sjokolade.

Daarmee wens ek julle ‘n baie geseende Paas tyd toe en hoop van harte dat julle hierdie Paas naweek onthou wat Jesus vir ons kom doen het. En dat die graf leeg is!

paas eier 2

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s