Koskenades 46 – Lensies

lentil-soup-recipe3 Die afgelope week het Misha vir ons die heerlikste, eenvoudige lensie gereg gemaak wat my laat besluit het om lensies verder te ondersoek.

Lensies is ‘n eetbare peulplant en die lens vormige sade is dan lensies. Lensies is nog van altyd af deel van die mens se dieet. Lensies kom voor in verskillende kleure soos geel, rooi-oranje, groen, bruin en swart.

Lensies word baie kere in die Hebreeuse Bybel genoem, die eerste keer is die baie bekende een waar Jakob die eersgebore reg by Esau gekoop het met ‘n potjie lensies – daar is verskillende weergawes – in sommige was dit lensie sop en in ander was dit lensie bredie. In die Joodse tradisie is lensies tradisioneel deel van die kos wat deur rou beklaers ten tyde van iemand se dood ge-eet word.

Geel lensies word ook in Ethiopiee gebruik as die eerste vaste kos vir babas, in Indie word lensies aan gode geoffer en in Italie word daar met ou jaar lensies ge-eet wat hoop vir ‘n geseende jaar simboliseer.

Lensies kom tot in die kinder storie Aspoestertjie voor Aspoestertjie se stiefma gese het, as sy al die lensies uit die as kan haal dan kan sy na die bal toe gaan.

Lensies het baie gesonde voordele ook. Lensies verlaag cholesterol, is ryk aan folien suur en magnesium wat goed is vir jou hart. Lensies stabiliseer ook bloedsuikervlakke. Lensies is ook ‘n uitstekende bron van proteien en yster. Hippokrates het lensies aan pasiente met lewerkwale voorgeskryf.

Lensie sop is seker die mees bekendste dis van lensies, te danke aan die rooi lensie sop of gereg waarmee Jakob Esau gevang het. Daar is vegetariese lensie sop sonder vleis en dan is daar lensie sop met vleis in. Lensie sop kan van wortels, seldery, aartappels, pietersielie en uie gemaak word. Die lensie sop kan gegeur word met knoffel, lourierblaar, komyn, olyfolie en asyn. Die sop word gegarneer met croutons, gekapte vars kruie soos pietersielie, vars room of jogurt.

Ons het die week nog net lensie geregte ge-eet, soos ‘n lensie met gerasperde wortel en ui bykos, herderspastei met lensies in plaas van maalvleis en ook spaghetti bolognaisse met lensies in plaas van maalvleis.

Die volgende dis wat ons gaan probeer is kasjoeneut en lensie patties. Jy sit 4 snye volgraan brood waarvan die korsies afgesny is in ‘n voedselverwerker, meng totdat dit growwe broodkrummels is. By die growwe broodkrummels voeg jy 250g ongesoute kasjoeneute, 1 eier, ‘n kwart koppie gekapte koljander, 3 eetlepels soet-chilli sous, sout en peper. Meng alles goed saam in die voedselverwerker, voeg 400g gaar bruin lensies by en meng weer. Gooi die mengsel oor in ‘n mengbak. Vorm patties met die mengsel, sit die patties op ‘n gesmeerde bakplaat en verkoel vir 20 minute in yskas. Haal na 20 minute uit yskas, verhit olie in ‘n vlak braai pan en braai die patties tot goudbruin aan elke kant. Bedien die patties met ‘n groen slaai en ‘n lekker sousie wat jy maak van lekker dik Griekse jogurt en soet-chilli sous. Jy kan dit ook gebruik as hamburger patties!

Gaan kyk by die resepte bladsy vir ‘n heerlike warm lensie, spek en feta slaai!

lentils

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s