Koskenades 47 – Kwartel en Volstruis eiers

quail 3 Daar is heelwat meer eiers beskikbaar deesdae as net hoender eiers. Eend, kwartel, fisant, volstruis en emu ook! Al die eiers word gebruik in verskillende besonderse disse.

Die mees algemene verskil tussen die verskillende eiers is maar die grootte. Kwartel eiers is die kleinste en volstruis eiers die grootste. Die ander verskil tussen die verskillende eiers is die kleur van die dop. Kwartel eiers het swart spikkels ooral oor. Eend eier doppe kan selfs tot soms blou van kleur wees. Emu eiers is groen-swart in kleur baie soos die skil van ‘n avokado. Die ligte sand tot donker sand kleur van hoeder eiers word deur hoenders met donker vere en rooi kamme gele. Wit eiers word weer deur hoenders met wit vere en ligte kleur kamme gele.

Die doppe van die eiers verskil ook in hardheid en dikte soos wat die eiers groter word. Kwartel eiers is baie broos en dun en word gewoonlik in spons eierbakkies verkoop en volstruis eiers is dan weer so hard dat jy ‘n sagie of ‘n hammer nodig het om dit oop te maak.

Wat smaak aanbetref het elke eier eintlik sy eie smaak wat ook dan net deur ‘n eier fynproewer uitgeken kan word, maar eiers proe soos eier.

Eend eiers het ‘n effe sterker smaak as hoender eiers en volstruis eiers kan soms as gevolg van die hoeveelheid baie sterk of wild proe. Kwartel eiers word baie keer rouerig ge-eet as gevolg van die klein eiertjie.

Wat die gaarmaak metodes betref van die vreemde eiers is dit maar dieselfde as hoender eiers, jy moet maar net die grootte en hoeveelheid in gedagte hou en dat meer eier langer vat om gaar te word. Jy moet verkieslik ook nie ander eiers as hoender eiers vir koek bak gebruik nie, want resepte se hoeveelhede word met die algemene grootte van ‘n hoender eier ontwikkel.

Gebruik die ander eiers vir geregte soos omelette, eier slaaie, skotse eiers of net gewone gebakte eiers vir ontbyt.

Amper rou kwartel eiers oor steak tartare is heerlik. Jy laat die kwartel eier vir 20 – 30 sekondes in kookwater le en dan is dit reg om saam met die steak tartare te bedien met ‘n bietjie balsamiese reduksie sous.

Geposjeerde eend eiers, ook nog met die geel effens loperig, voorgesit saam met Oosterse noedel sop is heerlik. Wanneer die eier gesny word in die sop meng die geel saam met die sop en die geure meng heerlik saam.

As jy onseker is oor die smaak van vreemde eiers probeer net eers die eier gewoonweg gebak en proe eers voor jy daarmee in resepte eksperimenteer.

Hier is ‘n baie lekker resep met volstruis eier, roosmaryn en capers.

Kook ‘n vars volstruis eier vir ongeveer 1 uur in ‘n groot kastrol, draai die eier gereeld om sodat jy verseker is dat die geel van die eier in die middel bly. Terwyl die volstruis eier kook meng jy 2 eetlepels capers, 3 eetlepels geroosterde okkerneute, 2 eetlepels vars gekapte roosmaryn, 3 knoffelhuisies, 1 hoender eier se geel, sout en peper saam in ‘n voedselverwerker todat dit ‘n pasta vorm. Gooi olyf olie stadig by die mengsel terwyl dit nog in die voedselverwerker gemeng word totdat dit ‘n heerlike sousie vorm. Ontdop die volstruis eier nadat jy dit eers in koue water afgespoel het – jy sal ‘n sagie of ‘n hammer nodig he om die dop te kraak. Sny die volstruis eier in skyfies, sit ‘n skyfie op ‘n gebotterde broodjie en gooi van die roosmaryn en caper sous oor die eier. Dit is heerlik as ‘n ligte middagete saam met ‘n vars slaai.

Net nog ‘n paar goeie eienskappe van kwartel eiers. Selfs al is die eiers soveel kleiner as hoender eiers is hulle voedingswaarde 3 x meer as hoender eiers. Kwartel eiers bevat 2% meer proteiene, 90% meer vitamine B1 en 5 keer meer yster en potasium as hoender eiers.

Kwartel eiers beveg allergiee en baie ander siektes soos spysvertering en maagsere. Kwartel eiers is goed vir die urien sisteem, verbeter geheue en verhoog brein aktiwiteit. Kwartel eiers help ook vir tuberkulose, asma, diabetes, nierstene, galblaas stene ensv.

Kwartel eiers word ook in skoonheidsprodukte gebruik soos gesigsroom en haar sjampoo.

Eet gerus 3 – 5 kwartel eiers elke dag om jou imuunsisteem en metabolisme te bevorder. Kwartel eiers is te koop by markte soos die Boeremark, Bryanston Organiese mark en Hazeldean kos mark. Spesialiteit deli winkels sal dit ook verkoop.

Eksperimenteer gerus met ander eiers as hoender eiers dit lyk my dit kan baie voordelig wees.

quail 5

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s