Koskenades 48 – Mielies

???????? Die mielie is deur seevaarders regoor die wereld versprei en teen die 16de eeu was mielies regoor die wereld bekend as kossoort en graangewas. Mielies is eenjarige somer graangewasse en moet aangeplant word in ‘n warm sonnige omgewing met genoeg reen, en dit is ook nie bestand teen ryp nie. Die bydrae wat mielies in Suid-Afrika as voedselsoort lewer is onberekenbaar. Dink net hoeveel mense begin hulle dag, of sluit hulle dag af met ‘n bordjie mieliepap.

Die mielieplant het baie gebruike. Selfs die blare is vroeer jare gebruik om matrasse mee te stop voordat klapperhare in algemene gebruik geword het.

In Amerika wat die mielie se land van oorsprong is – is daar slaapmatte, mandjies en selfs skoene (moccasins) deur die ou Indiane van mielieblare gevelg. Dit is juis in Amerika waar die Indiane die Amerikaners geleer het om mielies in hopies te plant deur dooie visse as bemesting te gebruik. Die vinnige groei van Amerikaanse kolonies was in ‘n groot mate aan die kweek van mielies te danke.

Mielieplante word vandag ook na die oeste in landerye terug geploeg waar hulle verrot en dan die grond verryk. Dit is natuurlik die mieliepit wat die voedselbron is. In sy gemaalde vorm as mieliepap of geprosseseerde kosse soos ontbytkos. Springmielies is natuurlik ‘n belangrike lekkerny in filmteaters wereldwyd. Mielies word ook verwerk tot ‘n soet stroop wat suiker vervang in talle produkte soos lekkergeod en koeldrank. Daar word ook mielies in die vervaardiging van whiskey gebruik. Nog mielieprodukte is stampmielies, mielierys en dan die bekende blikkies geroomde suikermielies en heelpit mielies wat op winkelrakke beskikbaar is.

Daar is soveel geregte wat van mielies gemaak kan word soos – sop, koek, terte, koekies, slaaie, nageregte – en dan die heel lekkerste – die mielie in sy oorpsonklike vorm met die mieliepitte nog aan die stronk, gekook of op die kole gebraai wat dan saam met gewone, knoffel of kruie botter bedien word.

‘n Heerlike dik sop wat van mielies gemaak word is “Corn Chowder” – ek kry ongelukkig nie ‘n mooi Afrikaanse woord vir “Corn Chowder”. Die resep is so eenvoudig en die sop is heerlik. Jy braai – in ‘n diep kastrol – 1 fyn gekapte ui, 1 koppie klein gaar aartappelblokkies in 2 eetlepels olyfolie en 50g botter, totdat die uie deurskynend is. Gooi dan by die uiemengsel, 2 blikkies geroomde suikermielies, 2 blikkies heelpit mielies (die vloeistof ook), 500ml hoender aftreksel, 125ml vars room. Kook alles stadig saam vir 30 – 35 minute. Roer 3 eetlepels vars gekapte pietersielie in die sop net voor opdiening.

Bedien die heerlike dik mieliesop saam met vars mieliepoffertjies. Om die mieliepoffertjies te maak meng jy 1 koppie koekmeel, 1 teelepel bakpoeier, halwe teelepel sout, 2 teelepels suiker, 1 eier (geklits), halwe koppie melk, 1 eetlepel gesmelte botter en 1 blikkie heelpit mielies (hier dreineer jy eers die vloeistof) saam – meng goed. Braai lepels vol in warm olie en dreineer dit op kombuispapier as jy dit uit die olie skep. Die kombinasie van die sop en die poffertjies is ‘n heerlike heilsame ete.

Vir ‘n mielie bykos saam met braaivleis kan jy ‘n maklike mielieslaai maak. Jy meng die volgende saam – 3 blikkies heelpit mielies (vloeistof gedreineer), 3 ferm rooi tamaties wat in klein blokkies gesny is, 1 klein fyn gekapte rooi ui en 3 wiele fetakaas wat in klein blokkies gesny is. Maak dan ‘n slaaisous van die sap van 1 suurlemoen, 45ml olyfolie, 60ml fyn gekapte vars pietersielie, 1 teelepel strooisuiker, halwe teelepel mosterd poeier en opsioneel een klein fyn gekapte rooi brandrissie – meng alles goed saam. Gooi die slaaisous oor die mielies en bedien teen kamertemperatuur. Hierdie is ‘n tipiese Meksikaanse dis.

Om mielie muffins te maak meng jy 1 koppie meel, 1 koppie polenta, 6 eetlepels suiker, 2 en ‘n halwe teelepels bakpoeier, kwart teelepel koeksoda en ‘n halwe teelepel sout saam. Klits 1 koppie karringmelk, 3 eetlepels gesmelte botter, 3 eetlepels olie, 2 groot eiers saam. Meng nou die meelmengsel en die karringmelkmengsel saam en meng 2 koppies heelpit mielies by dit. Skep in gesmeerde muffin bakkies en bak vir +- 18 – 20 minute teen 180 grade.

Nog ‘n interressante resep wat ek raak gelees het is Ossewa Mieliekoekies. Jy sif 1 koppie koekmeel, 2 teelepels bakpoeier en 1 teelepel sout saam. Daarby meng jy 1 koppie geroomde suikermielies, 1 koppie gaar rys en 1 eier (geklits). Dan bak jy lepels vol in olie tot goudbruin.

Geniet die eenvoudige heerlike mielie en die verskeidenheid mielie geregte!

corn 4

3 thoughts on “Koskenades 48 – Mielies

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s