Koskenades 49 – Kaneel

cinnamon-ccflcr-fotoosvanrobinVandag praat ek oor kaneel, Coenie de Villiers sing oor sy ouma wat in kaneel is en oor die kaneelverkoper wat handel dryf op die mark, in sy eie woorde “die kleure van Arabiee – die oop woestyn se geel, vul al die mandjies in my tent – en elk bevat kaneel!”

Die reuk van kaneel laat jou gou-gou dink aan pannekoek, souskluitjies, pampoenkoekies, melkkos en melktert. Kaneel word verkoop  as “Cassia” wat die Indiese naam daarvoor is en dit is die buitenste van die kaneelboom. Hierdie cassia kry jy gewoonlik by spesery handelaars en die gladde kaneel rolletjies is die binneste deel van die boom. Dit is die kaneel wat ons gewoonlik by supermarkte koop in boksies – ons gebruik dit gewoonlik om melk te geur of in kerrie disse. Dan is gemaalde kaneel ook beskikbaar in botteltjies.

Kaneel is bekend vir sy antieke oorpsrong. Dit was ingevoer na Egipte so vroeg soos 2000 vC. In die Bybel word daar ‘n hele paar keer na kaneel verwys. Moses moes kaneel gebruik in Heilige salfolie. In Spreuke word die geliefde se bed gegeur met mirre en kaneel. In Hooglied besing die man sy geliefde se reuk van kaneel as die geur van Libanon. Kaneel is ook in die Tabernakel gebruik. In Psalm 45 word genoem dat die koning se klere na kaneel ruik.

Die twee bekendste soorte kaneel is Ceylon kaneel wat dunner is, ligter van kleur en nie baie dig nie. Die kaneel is meer krummelrig in tekstuur, dit is ook bekend dat die Ceylon kaneel meer aromaties en subtiel in geur is. En dan die ander een is Indoniesiese kaneel wat dikker en harder is, rooibruin van kleur en ‘n skerp geur het. Die Indoniesiese kaneel is die meer algemene kaneel.

Kaneel het ook baie voordele vir jou gesondheid, en baie jare terug was kaneel selfs meer werd as goud. Hier is net ‘n paar gesondheidsvoordele van kaneel :

  • ‘n halwe teelepel kaneel elke dag kan jou LDL of slegte cholesterol verlaag.
  • kaneel word gebruik in die behandeling van tipe 2 diabetes om bloedsuiker vlakke te verlaag en die afskeiding van insulien te bevorder.
  • candida wat so floreer in ons liggame kan nie saam met kaneel leef nie.
  • kaneel kan die verspreiding van leukemia en limfoon kanker selle verminder.
  • kaneel het ‘n anti-stolling uitwerking op bloed wat kan help met die vermindering van bloedklonte.
  • ‘n kombinasie van kaneel en heuning kan help vir artritis pyn.
  • wanneer kaneel by kos gevoeg word beperk dit die vorming van bakterie en voedselbederf, wat dit dan ‘n natuurlike preserveermiddel maak.
  • die reuk van kaneel bevorder kognitiewe breinfunksies en jou geheue.
  • kaneel beveg die E-coli bakterie in ongepasteuriseerde sappe.
  • kaneel is ook ‘n natuurlike middel vir hoofpyn en migraine verligting.
  • omdat kaneel die bloedsuiker stabiliseer bevorder dit ook gewigsverlies.

Maar wees versigtig om dit nou nie te oordoen met kaneel nie daar is ook gevind dat kaneel giftig kan wees as jy groot hoeveelhede in neem.

Daar is min dinge so lekker soos ‘n chelsea rolletjie wat warm uit die oond uit kom met baie botter.

Daar is ‘n resep vir ‘n heerlike sjokolade fudge koek op die blog. Die resep gebruik baie kaneel en jou hele huis ruik sommer na kaneel wanneer jy die koek bak.

Daar is eintlik nog so baie te leer oor kaneel dat ek in ‘n volgende praatjie weer oor kaneel sal praat en die gebruik van kaneel in verskillende geregte.

cinnamon 2

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s