Koskenades 52 – Macaroni en Kaas

800px-Flickr_Rick_349850413--Macaroni_and_Cheese_Closeup In die koue van die winter is ‘n heerlike stomende bord macaroni en kaas net die regte ding om die koue te verdryf. Tradisioneel is macaroni en kaas ‘n gereg wat van gaar macaroni, wit sous en kaas gemaak word en in die oond gebak word.

In Amerika, Kanada en Australie is dit bekend as “mac and cheese”, in die Karibbiese Eilande word dit “macaroni pie” genoem en in Suid Afrika, Engeland en Nieu Seeland is dit “macaroni and cheese”. Die woord “macaroni” is afgelei van ‘n Griekse woord wat ek glad nie kan uitspreek nie, en dit is nie baie duidelik of macaroni die vorm van die pasta is en of dit die voorbereide dis is nie.

Die eerste macaroni en kaas resep is in die 14de eeu in ‘n Latynse resepte boek, “The book of cookery” opgeteken. Die resepte boek is in twee volumes en word bewaar in die Nasionale Biblioteek van Frankryk in Parys. ‘n Macaroni en kaas dis wat “makerouns” genoem was is ook in die 14de eeu in ‘n Engelse kookboek opgeskryf en dit was vars handgesnyde pasta wat toegevou was in ‘n mengsel van gesmelte botter en kaas. Macaroni en kaas was in die 18de eeu in Italie ‘n gourmet dis gewees.

In 1842 is daar ‘n resep vir “Macaroni & Cheese” opgeskryf in “The Virginia Housewife” resepte boek wat deur Mary Randolph geskryf is. Die resep het net drie bestandele gehad : macaroni, kaas en botter wat in lae gepak was en in ‘n oond gebak is teen 204 grade Celsius.

In Kanada is daar ook macaroni en kaas resepte bevestig in die “Modern Practical Cookery” resepte boek in 1845. Die resep is soos volg : ‘n lagie skilferkors deeg, macaroni en ‘n sous wat gemaak word van vars room, eiergele, foelie(mace), mosterd en gerasperde Parmesaan kaas.

In Hoboken, New Jersey is daar ‘n restaurant wat ‘n Cheeseburger macaroni en kaas bedien, wat bestaan uit macaroni, kaas, maalvleis en broodkrummels. Die restaurant het 14 variasies van macaroni en kaas op hulle spyskaart.

In Switserland is daar ‘n tradisionele macaroni en kaas dis wat “Alpe Bergherder Macaroni” genoem word, dit word gemaak van macaroni, vars room, kaas, geroosterde uie en aartappels. In party areas van Switserland word die aartappels uitgelaat en spek of ham bygemeng.

In die Tweede Wereldoorlog kon jy twee boksies macaroni met een voedsel koepon kry.

Vandag in ons moderne en vinnige leefstyl is daar ook gevriesde macaroni en kaas etes beskikbaar asook boksies macaroni en kaas waar jy net die pasta kook en die sous aanmaak.

Toe my ouma nog geleef het, het sy altyd vir ons macaroni en kaas gemaak en dit saam met monkeygland steak bedien. Ek maak dit nog graag vir ons huisgesin.

Deesdae maak ons macaroni en kaas met macaroni, ‘n wit sous, baie gerasperde kaas – sommer enige lekker kaas – ons het al Camembert en Brie kaas gebruik, en stukkies bros gebraaide spek. Jy meng alles saam en gooi in oondvaste oondskottel. En strooi dan ‘n strooisel broodkrummels bo-oor, die dis word dan in die oond gebak tot die kaas borrel.

Daar is soveel variasies van macaroni en kaas : jy kan baba tamaties, ontpitte olywe en gekapte uie by die basiese macaroni en kaas meng, of 1 400g blik salm , 1 blikkie gekapte tamaties, ‘n handvol gekapte basilie blare en blokkies mozzarella kaas.

Ek dink ons moet werk aan ‘n tipiese Suid Afrikaanse macaroni en kaas gereg.

72967_f520

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s