Koskenades 53 – Eksotiese vrugte

05_starfruitOns het so week of wat terug by ‘n restaurant gesit en gesels oor eksotiese vrugte en dit het my laat lag toe ek terug gedink het aan die eerste keer wat ek met “starfruit” -ster vrugte- te doen gekry het in ons eerste restaurant.Die Portugese winkel eienaar het pas hierdie vrugte ingekry van die mark af. Ek vra toe wat dit is en hy antwooord my toe starfruit maar ek hoor toe gestapo en wonder toe dadelik wat Hitler met die vrugte te doen het na ‘n paar oor en weer probeerslae het ek uiteindelik starfruit gehoor.

Hierdie vrug is nou al +-20 jaar beskikbaar in Suid Afrika en is afkomstig van Indonesie, Indie en Sri Lanka. Hierdie vrug groei aan ‘n boom wat mooi pienk blomme het en groei ook in die VSA. Dit is ‘n goud-gelerige en groen vrug wat in ‘n 5-punt ster vorm as jy dit in skyfies sny.Dit proe amper soos kiwi en pynappel gekombineerd. Die starfruit werk goed as garnering vir vrugte slaaie en poedings, is ryk aan Vitamine C en baie sappig soveel so dat dit gebruik word om wyn mee te maak.

Daar is ‘n hele paar ander eksotiese vrugte wat ons nie sommer maklik in Suid Afrika sal aantref nie alhoewel van hulle meer en meer beskikbaar raak in ons groot groente winkels soos Food Lovers Market.

01_rambutan Die rambutan is ‘n vrug van Suid Oos Asie wat soos ‘n groot baie harige litchi lyk. Hierdie vrug word gebruik om soet sappe mee te maak en om konfyt van te kook.

02_jackfruit

Die jackfruit is ‘n vrug afkomstig van Asie en Australie en word geken as die grootste vrugdraende boom in die wereld. Die vrug is groot en ronderig met ‘n onreelmatige vorm soos wat hy vorm in die boom waar hy hang m.a.w nie een vrug lyk soos die ander een nie almal is verskillende vorms. Jackfruit het ‘n groen doringagtige skil met sagte vesel rondom die pitte binne die vrug wat soos pynappel proe maar nie so sterk smaak soos pynappel het nie. Jackfruit word ook gedroog en as soet vrugte skyfies verkoop. Baie Maleise disse bevat jackfruit as ‘n bestandeel. Die hout van die jackfruit word gebruik om musiek instrumente mee te maak,

03_passion_fruit Grenadilla is ook ‘n eksotiese vrug en afkomstig van Suid Amerika, en nou ook in Indie, Nieu Seeland en Brasil. Grenadilla word meestal gebruik om die smaak van vrugtesappe te bevorder. Van die groter variante wat passiflora genoem word en ‘n donker pers skil het kan effens giftig wees.

04_lychee

Litchi is ook eksoties en oorspronklik afkomstig van China, Indie en Taiwan. Litchis groei aan aan ‘n immergroen groterige boom en word as tafelvrugte verkoop en ook geblik vir gebruik in interressante nageregte, slaaie en voorgeregte. En natuurlik is ‘n glas yskoue litchi sap heerlik. Gelukkig is die litchi vrylik beskikbaar by ons.

06_mangosteenDie mangosteen vrug is afkomstig van die Sunda Eilande en is ‘n donker pers-swart ronde vrug met ‘n rooi veselagtige binnekant met groot wit sade. As jy die mangosteen oopmaak dan lyk dit soos ‘n rooi nessie met 5 wit eiers daarin. Die mangosteen proe sitrusagtig met ‘n tikkie perske geur. Hierdie vrug is ryk aan antioksidante en daar word beweer dat Queen Victoria het selfs mense belonings aangebied wat die vrugte vir haar kon bring. Ongelukkig is die vrugte nie vrylik beskikbaar nie.

07_kumquat

Kumkwad is ‘n sitrus vruggie afkomstig van China en groei aan ‘n boompie wat lyk soos ‘n suurlemoen boompie. Hierdie ovaal ronde vruggie het ‘n heerlike oranje sitrus skil en is baie suur aan die binnekant. Kumkwad’s word gebruik in slaaie, ook as tafelvrug of garnering. Die vruggie maak ook baie lekker marmelade. Die Taiwanese gebruik kumkwads in hulle tee en kook dit ook om te gebruik vir keelseer medisyne. Daar word ook heerlike likeur van kumkwads gemaak.

08_durian  Die durian vrug is afkomstig van Brunei, Maleisie en Indonesie en is ook bekend as die koning van vrugte. Hierdie vrug word beskryf as die lekkerste vrug nog – wat ek ongelukkig nog nie die vooreg gehad het om te proe nie. Durian vrug is verban uit enige publieke vervoer en hotelle in Asie as gevolg van die slegte reuk van die vrug se skil. Die reuk word beskryf as stink muishond en self riool. Durian lyk soos ‘n peervormige ou droee litchi en die binnekant lyk soos roomkleurige lemoenskywe.

09_dragon_fruitDie dragonfruit is ‘n ronde vrug met ‘n diep pienk skil met ‘n wit veselagtige binnekant amper soos litchi met klein swart saadjie orals dit proe soos aarbei en peer gemeng. Hierdie vrug word vir vrugtesap gebruik en daar word ook wyn daarvan gemaak

10_african_horned_cucumberDie Afrika komkommer groei ook in ‘n boom en is afkomstig van die Kalahari woestyn heirdie vrug lyk soos ‘n ovaal vormige spanspek met sagte groot dorings om en is geel as dit ryp is. Die hele binnekant is groen met wit pitte in wat lyk soos die binnekant van ‘n komkommer.

Die Afrika komkommer proe soos piesang,lemmetjie, grenadilla en komkommer gemeng en word gebruik as garnering en ook vir smoothies.

Ek hoop ek het julle lus gemaak vir eksotiese vrugte. Kyk gerus uit vir die eksotiese vrugte by groente winkels en supermarkte.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s