Koskenades 54 – Bredie

lamb-stewMet die koue van die winter nou met ons is heilsame bredies net wat ons nodig het op koue wintersaande.

Ek het voorheen al gepraat oor potjiekos. Daar was en is al vele debatte of potjiekos maar net ‘n doodgewone bredie is wat ‘n kulturele simbool geword het en of is ‘n bredie ook maar net potjiekos.

“n “Roerende” – letterlik roerende verskil tussen die twee is dat die bestandele van ‘n bredie geroer en mee gepeuter word, terwyl ‘n potjiekos stil en geheimsinnig sy gang gaan en die deksel nie so gereeld gelig word nie. Daar is ‘n defnitiewe smaakverskil. In die bredie neem die verskillende bestandele mekaar se aard en tekstuur aan as gevolg van die geroerdery.

Die potjiekos word weer in verskillende lae gepak, gegeur, vloeistof word bygevoeg en dan word hy stadig gaar geprut. Die eindresultaat is dan ‘n gereg waar die bestandele mekaar subtiel beinvloed sonder om te veel te meng.

Bredie is ‘n kombinasie van groente soos wortels, aartappels, groenboontjies, soetrissies, tamaties ensv, vleis – veral die minder sagte snitte – hoender, worsies en seekos. Water kan gebruik word as vloeistof om die bredie in gaar te maak, maar ook wyn, aftreksel en bier. ‘n Bredie word gegeur met sout, peper, kruie en speserye en word dan oor lae hitte geprut nie gekook nie sodat al die verskillende geure met mekaar kan meng.

Die minder sagte snitte vleis is ideaal vir bredies omdat die bredie teen ‘n lae hitte prut en die vleis dan heerlik sag en sappig word. Vleis met ‘n bietjie vet en bene aan verskaf sagte sappige bredies waar maer vleis (lean meat) sonder vet en bene oor die algemeen maklik droog en onsmaaklik uitkom. Die sous van bredies kan effens verdik word deur eers die stukkies vleis in bietjie koekmeel te rol voordat jy dit in die pot begin braai, die meel sal dan later die sous verdik wanneer vloeistof bygevoeg word.

Bredies is opgeteken so ver terug soos 8 eeue voor Christus, Herodus het geskryf dat die nomadiese Antieke Grieke, vleis en water in ‘n dier se grootpens gesit het en dit dan oor ‘n vuur gekook het. Hongaarse goulash wat ook ‘n bredie is dateer sover terug soos die 9de eeu.

Verskillende lande het verskillende variasies van bredie. Bief Stroganof is van Rusland, Birna ‘n bokbredie is van Meksiko, Bourguigon is ‘n Franse dis van bief in rooiwyn, Bouillabaisse is ‘n visbredie van Provence, Chilli con carne is ‘n Meksikaanse bredie van vleis en bone, Stoofvlees is ‘n Belgiese bredie met beesvleis, bier, mosterd en lourierblare.

Tamatiebredie¬†soos ons seker almal goed ken is eg Suid Afrikaans met sy basis oorsprong uit Nederland. Die woord bredie is egter van Maleisiese oorsprong wat direk verwys na ‘n oosterse spinasie wat gebruik was in bredies wat ons in Suid Afrika met tamaties vervang het.

Tamatiebredie word gewoonlik van lamsvleis gemaak met groente bestandele soos uie, botterskorsie, groenbone, aartappels, vla pampoentjies en dan natuurlik tamaties. Tamatiebredie word gegeur met bestandele soos kaneel, kardemom, gemmer, naeltjies, knoffel, tiemie en lourierblare.

Vir ‘n heerlike bredie moet jy eers die vleis lekker bruin braai in olie en botter, verkieslik in ‘n swaarboom kastrol. Dan verlaag jy die hitte en voeg uie en knoffel by wat jy dan stadig braai tot alles mooi gaar is. Nou kan jy goed soos koekmeel, tamatie puree, kruie, vleisaftreksel of wyn bygooi en dan vir so 2-3 ure kook totdat die vleis lekker sag is.Jy kan ook die vleis eers in koekmeel rol voordat jy dit braai – dit help om die bredie effens te verdik.

Wanneer die vleis sag is kan jy die groente byvoeg en verder kook vir so 30 minute tot al die groente lekker sag maar nie pap is nie. Geur met sout en peper en sit voor saam met rys, kapokaartappels,stampmielies of selfs mieliepap.

Geniet!

coq-au-vin-2

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s