Koskenades 55 – Fudge

fudge 2 Vandag gesels ons oor fudge, ‘n heerlike lekkerny waarvan amper almal van ons van weet en of al ge-eet het. Ons word verlei met fudge by kerkbasaars, skole se entrepeneurs dae, vlooimarkte en dan ook by die kasregister waar ons elke dag ons melk, brood en suikervrye dieet-koeldrank koop.

Fudge is ‘n Westerse lekkerny wat gewoonlik sag, soet en ryk is. Fudge word oorpronklik gemaak van suiker, botter en melk wat saam gekook word teen 116 grade celcius, totdat die mengsel “sagte bal” stadium bereik. Sagte bal stadium beteken as jy ‘n bietjie van die warm mengsel in koue water gooi dan vorm dit ‘n sagte bolletjie.

Wanneer die mengsel sagte bal stadium bereik word dit met ‘n houtlepel of handmenger geklop tot dit afkoel en romerig is. Daar is baie variasies van fudge soos sjokolade, grondboontjiebotter, see-sout karamel,framboos truffel, pekan neut, rissie sjokolade, aarbeie en room, suurlemoen-meringue en nog vele meer.

Daar is in Brittanje selfs fudge wat jy kan drink soos ‘n warm sjokolade drankie. Die Mug-of-fudge fudge drankies, het name soos Tangy Orange, Moreish Mint, Gorgeous Ginger, Dreamy Coconut en Mocha Choca Madness.

Die woord fudge se oorsprong in in die 1800’s en word onder andere gebruik om “samevoeging” te beskryf. Daar word ook beweer dat die woord fudge in dames kolleges en koshuise gebruik is. Die maak van die lekkerny was baie gewild in die dames koshuise maar ook ‘n oortreding van die koshuis reels – en dit is dan “to fudge on dormitory rules” genoem.

‘n Verwysing na fudge word gemaak in ‘n brief wat Emelyn Hartridge wat ‘n student was by Vassar College in New York geskryf het. Sy skryf dat haar kamer maat se niggie fudge gemaak het en dit vir 40 sent ‘n pond verkoop het. Emelyn het die resep gekry en in 1888 30 pond fudge gemaak vir die Vassar College Senior veiling. Die maak van fudge in die dames koshuise en kolleges het so gewild geword dat sommige hulle eie unieke resep gehad het.

Ons sit vir julle twee resepte onder die resepte hofie. Die een is ‘n baie maklike mikrogolf resep en die ander is ‘n ryk sjokolade neut fudge van Nigella Lawson. Volgens Nigella weet sy dat ‘n professionele bakker die fudge wat met die resep gemaak word – nie behoorlike fudge – sal noem. Maar volgens haar smaak dit vorentoe en het jy nie ‘n suiker termometer of die gevreesde harde en sagte bal stadiums nodig vir die resep om suksesvol te wees nie.

Maak heerlike liplekker fudge!

fudge 5

 

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s