Koskenades 56 – Lemoene

lemoen 3 Ek was baie verbaas om uit te vind in my navorsing oor lemoene dat ‘n lemoen nie ‘n vrug is wat oorspronlik bestaan het nie. Die soet lemoen is ‘n vermenging of in Engels ‘n “hybrid” tussen ‘n pomelo en ‘n mandaryn. Die oorpsrong is heel waarskynlik in Suid-Oos Asie waar lemoene al 2500 jaar vC in China verbou is. Tussen die 15de en 16de eeu het Italiaanse en Portugese handelaars lemoen bome na die Meditereense area ingebring. Dit is Spanje wat op hulle beurt weer lemoene aan Amerika bekend gestel het in die middel 1500’s.

Lemoene word vandag baie wyd gegroei in tropiese en sub-tropiese areas wereldwyd. Lemoen word gebruik as vars vrug, lemoen sap, en die aromatiese skil word ook baie gebruik vir talle produkte.

Lemoene word vanaf 1987 gereken as die mees gekultiveerde vrugteboom in die wereld. Lemoene word gereken as 70% van die wereld se sitrusproduksie. In 2010 was 68,3 miljoen ton lemoene ge-oes wereldwyd waarvan Brasil, Kaliforniee en Florida die hoof verskaffers is in die wereld.

Daar is heelwat kultivars van lemoene wereldwyd, die interessante een vir my is die Bergamot lemoen wat in Italie gegroei word. Van die Bergamot lemoen word die skil gebruik om Earl Grey tee mee te geur. Gewone ronde lemoene word meesal gebruik vir hulle sap. Die Valencia lemoen wat ‘n effens kleiner lemoen is, groei in die laat lemoen seisoen en word gebruik as tafelvrug. Daar is by die 50 verskillende kultivars lemoene en seker nog 50 sub-kultivars. Lemoene moet slegs geoes word wanneer hulle ryp is omdat daar nie ‘n proses bestaan om lemoen kunsmatig ryp te maak nie. Lemoene het nog soms ‘n groenigheid in die skil as dit ryp is en dan word etileengas gebruik om die skil mooi oranje te maak. Die proses word ontgroening genoem.

Lemoene kan in gekontroleerde yskaste gestoor word vir omtrent 12 weke maar die rak lewe hang baie af van die kultivar, die rypheid, die voor oes omstandighede en ook die hantering van die vrug. Lemoene word in groente winkels slegs op die oop rakke gestoor en wanneer jy dit koop sal ‘n lemoen mooi vars bly vir +- 1 week in jou vrugtebak of +- 2 weke in jou yskas.

Lemoene word hoofsaaklik gebruik vir die sap en lemoensap kom voor in amper alle vrugte sappe. Gevriesde lemoen konsentraat is ook ‘n groot produk wereld wyd. Die skil van soet lemoene word gepars en die olie wat verkry word, word gebruik as geur konsentraat in sappe en die olie word wyd gebruik in die parfuum industrie en ook die aromaterapie industrie. Die lemoenboom bloeisel word ook vir die parfuum industrie gebruik.

Die sitrus skil olie word ook gebruik in politoer vir meubels en ook skoonmaakmiddels want sitrus olie is ‘n baie goeie skoonmaaakmiddel. Die sitrus blom word ook vir sitrus geur rooswater gebruik en is ook al gebruik om marshmallows te geur en dan verskeie tee soorte soos Earl Grey.

Marmelade is ‘n gewilde produk van lemoene omdat die hele lemoen daarvoor gebruik word. Gedroogde lemoenskil word deur tuiniers gebruik as ‘n slak afskrikmiddel.

Lemoene is baie veelsydig want dit kan in soveel disse gebruik word. Ons maak byvoorbeeld ‘n baie lekker hoender en lemoensap roerbraai gereg. ‘n Sitrus beesstert resep vir die winter is ook heerlik. Ons gebruik verder lemoensap en lemoen skil in ‘n baie lekker slaaisous wat ons maak. Daar is ‘n groot verskeidenheid koue en warm nagereg resepte wat van lemoensap gebruik maak om ‘n baie lekker geur te verkry. Daar word selfs ‘n lemoen likeur gemaak met die naam Cointreau wat ons gebruik in n’n aarbei nagereg. Was jou vars aarbeie, sny die blaartjies af, sny die aarbeie in die helfte en laat dit vir 2 ure in bietjie strooisuiker en in die Cointreau week en bedien dan met vars room.

Koop lemoene en maak lemoenstroop, marmelade, lemoen koek ensv!

lemoen 1

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s