Koskenades 57 – Dadels

dadels

maar_atm_dates_vNadat ons die naweek verhuis het en die nuwe huis se tuin palmbome het waaraan trosse dadels hang – seker wilde dadels – het ek en Hanlie begin dink oor dadels en in watter geregte of vorme dit gebruik kan word in die kombuis.
Daar is omtrent 4000 palm boom spesies, en ‘n palmboom kan warm en droee temperature hanteer. Palm bome se oorsprong is in die Persiese Golf meer as 6000 jaar terug. Die blare was gebruik vir huise se dakke en die vrugte as kos.
Tydens die heilige maand van Ramadaan breek die Moslem gelowiges blykbaar hulle daaglikse vas met dadels. Dadels word deur die eeue gereken as ‘n wonderkos en was eeue reeds deel van die woestynbewoners se dieet.
Dieetkundiges reken date en dadel soos ‘n mimi-ete is met so te se al die voedingswaarde wat ‘n mens nodig het om te oorleef daarin. Dadels is ryk aan vessel, dit verteer maklik, is ‘n goeie bron van energie, dit is ryk aan kalsium, yster, magnesium, fosfor, kalium, selenium en natrium – almal baie belangrike minerale vir die liggaam.
Dadels word ook gereken as ‘n goeie medisinale tonikum vir iemand wat van ‘n siekbed herstel. Jy kook ‘n paar dadels in melk en drink dan die melk. Dit stuit die groei van skadelike organismes in jou spysvertering stelsel en help die groei van goeie bakteriee aan.
Dadels kan in soet en sout geregte gebruik word, in slaaie, nageregte en natuurlik in Hilda van 7de Laan se bekende dadelvingers. Vriende het ons onlangs getrakteer met ‘n slaai wat gemaak was van vars dadels, geroosterde amandels, geskilde lemoen skyfies wat dun gensy was, vars kruisement, rooi uie en suurlemoen. Dit is ‘n heerlike verfrissende slaai!
Jy kan ook ‘n voedsame drankie maak van vars dadels wat jy by jou naaste groentewinkel kry – ontpit die dadels en sit dit saam met volroom, dik, Griekse jogurt, vars mango skywe, vars piesang skywe en ‘n bietjie suurlemoensap in ‘n voedselverwerker.
Vir ‘n interessante sous wat jy saam met geroosterde varkboud kan eet – week die dadels tot sag in genoeg warm water om al die dadels te bedek.Ontpit die dadels, maak die sagte dadels fyn in ‘n voedselverwerker met ‘n bietjie van die water waarin die dadels geweek is – meng rissie poeier, gemaalde komyn, granaat stroop en heuning by. Warm die sous op en bedien saam met die geroosterde varkboud.
‘n Heerlike en maklike nagereg resep wat ek leer maak in ‘n Cordon Bleu kursus wat ek bygewoon het is soos volg : sny die dales fyn, rooster amandel vlokkies, sny rooi en groen kersies fyn (Turkish delight kan ook gebruik word in plaas van kersies), fyn gebreekte vingerbeskuitjies. Klits eierwitte styf, klits strooisuiker by die eierwitte. Vou die dadels, amandel vlokkies, kersies en vingerbeskuitjies in. Skep lepelsvol van die mengsel op waspapier op ‘n bakplaat – bak tot ligbruin, laat dit afkoel en bedien saam met vars geklopte vars room en gemengde vars bessies.
Gevulde dadels is ook ‘n interessante voorgereg, jy stop die vars dadels met ‘n pekan neut, draai die dadel met ontbytspek toe, braai in ‘n pan tot goudbruin en bedien met ‘n bloukaas sous as voorgereg.
Geniet ‘n bietjie vars dadels – ontdek bietjie hoe heerlik die dadel is.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s