Koskenades 58 – Ontbyt

ontbyt 1ontbyt 2
Ontbyt is een van die etes wat die belangrikste is maar wat ons die maklikste afskeep as gevolg van ons besige lewens. Maar wanneer ons ontspan en meer tyd het, geniet ons dit so dat dit sommer ontaard in ‘n gesellige kuier wat sommer maklik kan oorgaan in middagete.
Die woord ontbyt is waarskynlik ‘n afleiding van die woord “abate” wat gekoppel word aan die breek van vas. Die Engelse woord “breakfast” verwys letterlik na “breaking the fasting period of the prior night”. En ontbyt is dan tradisioneel die eerste ete nadat jy geslaap het.
Ontbytkosse verskil wyd van verskillende plekke, maar sluit dikwels ‘n koolhidraat in soos ontbytpap of brood, vrugte of groente en proteiene soos eiers, spek, vis en dan iets te drink soos koffie, tee of vrugtesap. Voedingkundiges verwys altyd na ontbyt as die belangrikste maaltyd van die dag. Daar is studies gedoen wat bevind het dat persone wat nie ontbyt eet nie probleme ondervind om te konsentreer.
Algemene ontbyt bestandele wat wereldwyd met ontbyt geassosieer word is -koffie,melk,vrugtesap,ontbytpappe, plaatkoekies, worsies,franse braaibrood,spek, pastries(gebak), vars vrugte, groente, eiers, sampioene, muffins, skons, wafels en roosterbrood.
Verskillende lande het ook verskillende gewilde ontbyte. Hanlie onthou nou nog die ontbyte wat haar ouma op die plaas bedien het. Tuisgebakte brood, slap mieliepap, stywe mieliepap, niertjies, lewer, boerewors, spek, tamatie-en-uie smoor, roereiers.
In Europa veral is die ongeskrewe reel dat ‘n tradisionele ontbyt nie so groot is nie, veral in die meer suidelike warmer lande wat aan die Mediterreense area grens. In die kouer noorde en sentraal areas van Europa is ontbyt weer meer substansieel met ‘n groter keuse van disse.
Die keuse van ontbytkosse wissel van land tot land. In Switserland is ‘n verskeidenheid koue vleise, verskeidenheid kase, jogurt, vrugteslaai, croissants, brood en broodrolletjies gewild.In Brittanje is dit weer eiers, spek, vark worsies en tamaties. Die Franse se ontbyt is gewoonlik ‘n baie ligte ete van brode, botter en konfyt en so nou en dan heel gekookte eiers. In teenstelling met die Franse eet die Duitsers weer ‘n groot ontbyt van donker rog brode, verskeidenheid kase en vleise en gebakte of gekookte eiers.
‘n Kontinentale ontbyt is ‘n ligte ontbyt maar ‘n goeie kombinasie tussen al die lande se voorkeure. ‘n Tipiese kontinentale ontbyt bestaan gewoonlik uit ‘n cappucino, cafe latte of warm sjokolade wat bedien word saam met ‘n verskeidenheid soet gebak met ‘n soet konfyt, vars room of sjokolade vulsel. Vrugte sap, koue vleis soos salami of ham, jogurt, bietjie vars vrugte, kaas en ‘n gekookte eier.
Dit was baie interessant om te lees dat meusli se oorsprong regtig in Switserland was en dat dit in die 1900’s deur Maximillian Bircher-Brenner voorgesit is vir sy pasiente in sy hospitaal.
In Turkeye bestaan ‘n tipiese Turkse ontbyt uit brode, souterige wit kaas – amper soos feta kaas, ‘n geel kaas wat baie soos parmesaan kaas is,geurige Turkse worsies, pastrami, filo deeg gebak, spesiale brode, olywe, tamaties en komkommers. ‘n Turkse spesialiteits ontbyt gereg word gemaak van tamaties, groen soet rissies, uie, olyfolie en eiers.
‘n Kubaanse ontbyt bestaan uit soet melk koffie met ‘n knippie sout in. Geroosterde Kubaanse brood wat gebotter is, geroosterde varkvleis, bone met rys en suur melk met karamel in.
Wat ook al jou keuse vir ontbyt is, moet liefs nie die belangrikste ete oorslaan nie. Jou liggaam het die proteiene en koolhidrate nodig om vir jou die breinkrag en fisiese krag vir die nuwe dag te verskaf.
‘n Sny volgraan roosterbrood, 1 eier en 1 opgesnyde tamatie eerste ding in die oggend word as ideaal beskou deur deskundiges, die ontbyt help dat jou suikervlakke tot middagete gereguleer word.
Geniet elke dag jou ontbyt!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s