Melktert kaaskoek

MELKTERT KAASKOEK (Wenresepte 3)
KORS
125g botter by kamer temperatuur
50g (60ml) witsuiker
1 eier
175g (300ml) koekmeelblom
2ml bakpoeier
knypie sout

VULSEL
1 houer (250g) roomkaas
120g (150ml) witsuiker
25 ml koekmeelblom
4 eiers
500ml melk
sap van halwe suurlemoen
5ml vanielje geursel
bietjie kaneel
KORS METODE
Veroom die smeer en suiker. Voeg die eier by en klop goed. Sif die meel, bakpoeier en sout saam en klop bietjiesgewys by die eiermengsel. Smeer die beslag op die boom en teen die wand van ‘n 23cm in deursnee en 7.5cm diep veerpan- (Springform) Verkoel die kors ‘n uur in die koelkas.
VULSEL METODE
Voorverhit die oond tot 180grade celcius. Klits die roomkaas tot lig. Klits die suiker bietjiesgewys by en dan die meel. Klits die eiers een vir een by en klits goed na elke byvoeging. Klits die melk geleidelik by en dan die sap en geursel.
Giet die vulsel in die rou kors, strooi kaneel oor en bak dit 55 – 60minute. Toets of dit gaar is deur ‘n mes in die middel in te steek. As die mes skoon uitkom, kan die kaaskoek uit die oond gehaal word.
Laat die kaaskoek in die pan afkoel. Plaas dit – steeds in die pan – in die koelkas en verkoel dit oornag.
Verwyder die wand en die boom van die pan versigtig en plaas die koek op ‘n opdienbord.
Lewer 1 middelslagkoek.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s