Dagboek

  • Dagboek 2013

Woensdag, 20 Maart 2013

Sondag aand, na ons gereelde afspraak met die “Numb3rs” span op SABC3 is ons altwee baie lus vir ‘n soet dingetjie. Na ‘n vinnige heen en weer van “waarvoor is jy lus?” besluit ons om met ‘n “Cake-in-a-Cup” te eksperimenteer en wat ‘n verassing!!! Gaan kyk op die Resepte bladsy vir die resep!

choc-cake-in-mug

  • Dagboek 2012

Dinsdag 24 Julie 2012

Ons het die week met ‘n “bang” afgeskop! Ons het ons kosklasse by Groupon geadverteer en dit word more as die hoof special geadverteer! Ons is bang, opgewonde! Ons eksperimenteer tans om ‘n heerlike “red velvet” koek met ‘n kaaskoek vulsel te maak. Sondag was Anton, Elna, Ockie en Heila – en natuurlik die magdom kinders by die huis – ons proefkonyne

Ons het almal gesmul – maar daar is nog bietjie werk om die eind resultaat te kry wat ons graag wil hê. Ons Sondag spyskaart het bestaan uit heerlike romerige, pampoen roomsop gemaak met botterskorsies, biltong en bloukaas muffins en die nagereg was “Red Velvet” koek!

1 Augustus 2012

Het vanoggend vir Rippel verras met hulle 17 de verjaarsdag – heerlike botterskorsie, wortel en alles wat nog lekker is koek!

16 Augustus 2012

Ons het baie pret met die kook klasse, vreemdes gaan na die klasse uitmekaar soos ou vriende.

18 Augustus 2012

Het vandag van ‘n interressante nuwe gereg/braaitegniek/dis geleer by Johan en Mariska tydens ons Italiaanse Pasta klas. Die manier van braai of die dis word souvla genoem en is oorspronklik van Cyprus. Dit is soos ‘n spitbraai maar met ‘n twist, die vleis word soos groot sosaties geryg en stadig oor die kole gebraai. Johan het ons honger gemaak met sy “pork belly” blokkies wat so stadig braai dat dit ‘n “crispy” kant het. Dit klink na ‘n heerlike alternatiewe braai! Kyk die foto onder wat ek op die internet gekry het van ‘n souvla braai!

20 Augustus 2012

Ons is hierdie week aan die rondskarrel om alles reg te kry vir die troue Saterdag….nogal met ‘n Alice in Wonderland teeparty tema.

30 Augustus 2012

Ons Alice in Wonderland troue was a HUGE sukses, maar ons recover nog van die troue en ‘n arrogante maagvirus wat ons huis oorgeneem het en niemand oorgesien het nie!!!

6 September 2012

Dit was Maandag Ivan se verjaardag! Ons het Sondag net ‘n paar vriende en familie oorgenooi vir koffie, die koffie drink het ontaard in meer as 30 mense wat heerlik saam gekuier het. En natuurlik het almal heerlik gesmul aan Red Velvet koek, Douwlien se melktert en ‘n hele verskeidenheid Quiches!

13 September 2012

Hierdie week is effens rustiger, ons het Sondag ‘n suksesvolle verjaarsdag ontbyt gehad by Le Musht. (www.lemusht.co.za) Die gaste was BAIE tevrede en die buffet ontbyt was heerlik. Vars vrugte en jogurt, korslose quiche Lorraine, gebraaide kaas worsies, ratatouille, muffins en aarbei kaaskoek! Mmmmm! Die res van die week is Ivan besig om die glutenvrye meel produkte te finaliseer vir voorlegging Maandag. (www.glufreefoods.co.za)

20 September 2012

Ons het weereens ‘n besige week agter die rug! Maandag het ons ‘n uiters suksesvolle glutenvrye meel produk ontwikkeling vergadering gehad. Woensdag het ons ‘n spanbou vir CTU Training College se finansiele afdeling gehad. Kyk na die fotos op ons Facebook link op ons website www.lemusht.co.za Die kook klasse word soooo geniet deur almal wat dit bywoon. Daar word elke keer nuwe vriendskappe gevorm.

3 Oktober 2012

Die naweek was ons heerlik bederf met ‘n kuier van dierbare, kosbare, alles wat goeie-bare is vriende van Ladybrand! Nic en Hannelie is ons warm chips en vars brood met melk vriende, ons verskeidenheid kase van Clarens en koekies vriende, ons eerste pasta maak vriende, ons sop vriende, ons bees fillet vriende, ons tuisgemaakte wors met pap en eiers vriende, ons slurp milkshakes by Le Chameleon in Humansdorp totdat die kinders onder die tafels inkruip vriende, ons peanut botter en stroop vriende, ons skil skottels vol perskes vir blatjang en konfyt vriende, ons 100/100 vriende, ons baie,baie lag en baie huil vriende!

Ons mis hulle baie en daarom was die kuier ‘n GROOT! GROOT! blessing!

Hannelie is ons nuwe “celeb”, sy is ‘n finalis in Leserskring se Toptien-Tuiskokke, en daar is van haar resepte in die Toptien-Tuiskokke resepteboek wat verlede week bekend gestel is, kyk uit daarvoor! Die boek is ‘n wenner!

Kyk op die resepte bladsy vir Suurlemoenmeringue- roomys uit die resepte boek!

11 Oktober 2012

Hierdie naweek wat verby is was effe rof gewees. Ons het Saterdag oggend weer ‘n baie “entertaining” Italiaanse Pasta klas gehad, gaan kyk gerus op ons facebook bladsy Le’Musht Function Venue na fotos van die klasse. En dan het ons ook ons pragtige Misha-kind se 21ste verjaarsdag gevier.Die afgelope 21 jaar het beslis gevlieg!

25 Oktober 2012

Al wat ek die week kan vra is : “Waar is die week heen??????” Kan nie glo dit is more al Vrydag nie!

4 November 2012

Ons is die week weer terug! Ons het ‘n heerlike wegbreek week gehad by Crystal Springs Mountain Lodge! Die stilte daar is AWESOME !!!!

15 November 2012

Gaan dol met ons maar ons geniet ons self! Ons dae bestaan uit glutenvrye all-purpose meel en produkte en kook klasse en span bou sessies! Ons beplan ook aan ‘n Coffee@Le’Musht wat ons vroeg volgende jaar by ons venue wil oopmaak. Ons sal fokus op heerlike ontbyte en ligte etes en dan begin met tema etes in die aand.

20 November 2012

 Ons eerste glutenvrye brood wat in ‘n kommersiele oond gebak is! Dit proe heerlik!

Ons gaan Donderdag glutenvrye chocolate chip koekies bak, sal vir julle fotos post.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s